Hy het die voorheen gesê en hy het dit weer gesê.
“Ek wil julle net graag, soos altyd, wys op die belastingverhogings wat gerig is daarop om verbruik te verminder.”
En die verbruik waarna mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, verwys, is nie elektrisiteit nie.
Rokers en drinkers gaan soos gewoonlik weer meer opdok.
Maar terwyl jy vanjaar ’n diep teug aan jou sigaret vat dink aan die groter bydrae wat jy tot die staatskas maak. Dalk help dit ook om te dink aan die persoonlike belastingverligting wat die minister aangekondig het.
’n Pakkie van 20 sigarette sal met 66c; wyn met 12c per liter; ’n 340-ml bier met 5c en 750ml-bottel drank (spiritualieë) met R2,17 verhoog.
Dit is verhogings in nominale terme van tussen 7% en 11%. In reële terme is die verhoging op bier 0,8%; wyn 1,1%; drank 4,8% en sigarette 4,6%.