Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Alliansie vra deeglike besinning oor ekonomiese beleid
12/05/2008 03:25  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jan de Lange

Enigiemand wat geglo het dat die land se ekonomiese beleid onveranderd gaan bly ná die ANC se Polokwane-konferensie, behoort ná die naweek se spitsberaad tussen die ANC, Cosatu, die SAKP en Sanco anders te dink.

Die gesamentlike deklarasie wat die vennote gister uitgereik het, maak dit duidelik dat daar ernstig nagedink word oor selfs die mees basiese elemente van ekonomiese beleid.

Niks gaan egter by die deur uitgegooi word voordat dit nie deeglik deurdink en alle moontlikhede oorweeg is nie.

Nommer een op die lys is die inflasieteiken.

Soos ander ekonomiese ontleders buite die partypolitiek, word die vraag gevra of dit sin maak om rentekoerse te verhoog wanneer inflasie styg weens prysstygings van ingevoerde komponente soos voedsel en olie. Hoër rentekoerse sal immers geen uitwerking op die pryse van voedsel en olie hê nie.

Die alliansievennote het in hul amptelike verklaring gevra of die band van 3% tot 6% waarbinne die VPIX-inflasieteikens gestel is, nog toepaslik is in ’n omgewing waar inflasie aangedryf word deur faktore buite die land, maar waarin hoër rentekoerse ’n negatiewe uitwerking het op arm gemeenskappe en werkskepping.

“Die alliansie doen in die lig daarvan ’n beroep dat dringend op nasionale vlak herbesin word of inflasiedoelwitte en die band wat daarvoor gekies is, die geskikte beleid vir Suid-Afrika is in die lig van ons ontwikkelingsuitdagings,” lui die verklaring.

Hulle het dus nie teen inflasieteikens besluit nie, maar wil debat daaroor heropen.

Dis geensins ’n onverantwoordelike debat nie.

Prof.. Joseph Stiglitz, hoogleraar in die ekonomie aan die Columbia-universiteit en wenner in 2001 van die Nobelprys vir ekonomie, het sedert begin vanjaar striemende kritiek uitgespreek op die talle ontwikkelingslande, waaronder Suid-Afrika, wat inflasieteikens ingestel het.

Stiglitz se kritiek geld veral waar inflasie styg nie weens swak binnelandse ekonomiese bestuur nie, maar omdat hoër olie- en voedselpryse ’n baie groot deel uitmaak van armer huishoudings se besteding.

Die alliansievennote het trouens besluit dat al vier gaan deelneem aan die protesveldtogte teen hoër voedselpryse, dat dringende stappe teen uitbuiting en prysvasstelling gedoen moet word en dat die nasionale tesourie dit selfs moet oorweeg om BTW op ’n reeks basiese voedselsoorte op te hef.

Mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, was as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee deel van die beraad die naweek. Die beraad sou gister eers eindig, maar die laaste besprekingspunte is Saterdagmiddag laat reeds afgehandel – omdat daar geen ernstige verskille was nie.

Dit het egter nie só maklik gegaan nie. Die ekonomiese-beleidskwessies moet later uitgetrap word op ’n spesiale, hoë-vlakkonferensie.

Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) oefen duidelik nou kwaai druk uit dat van die sleutelaspekte van ekonomiese beleid gewysig moet word.

Tydens sommige van die ekonomiese beleidskwessies het dit duidelik geword dat die vraagstukke heelwat ingewikkelder is as wat aanvanklike gemeen is en dat die spitsberaad nie in die naweek sinvolle besluite daaroor sou kon neem nie.

Om dinge nog ingewikkelder te maak is daar duidelik ’n onderskeid tussen die ANC en sy vennote en die regering. Ook dat ekonomiese-beleidsbesluite nie noodwendig deur die amptenare in die regering uitgevoer sal word nie.

Dit het duidelik geword vir die afgevaardigdes na die naweek se beraad dat sommige van hul voorstelle nie altyd met die werklikheid tred hou nie. Dit sal dus deeglik deurgetrap moet word voordat hulle met pres. Thabo Mbeki en die amptenary in die regering ’n rusie daaroor aanknoop.

Dis egter duidelik dat sake nie sal aangaan asof niks gebeur het nie.

Die alliansie-beraad het Eskom se aansoek om elektrisiteitstariewe met 53% te verhoog eenparig verwerp.

Dit impliseer ’n besluit dat die belastingbetaler in Eskom se toekomstige kapitaalbehoeftes sal moet voorsien – nie die verbruiker nie.

Dit dui waarskynlik op ’n belangrike fiskale beginsel waarop die alliansievennote besluit het en wat in die toekoms by ander ekonomiese besluitneming in gedagte gehou sal moet word.

Die amptenary kan in dié stadium dalk nog daarteen weerstand bied en weier om dit toe te pas, maar mettertyd sal strukture ingestel word waarin hulle sal moet verslag doen en wat gaan toesien dat sulke besluite deurgevoer word.

Een van die eerstes is eise dat wetgewing deurgevoer moet word om die parlement in staat te stel om wysigings aan finansiële wette, soos die begroting, aan te bring.

Hieroor gaan die hare nog waai, want Manuel was nog altyd daarteen gekant omdat dit die begrotingsproses in die praktyk bitter moeilik gaan maak, indien nie onmoontlik nie.

Die nuwe ANC-leiers benader dit egter vanuit ’n bedingingsoogpunt: dis vraagstukke wat op die tafel geplaas en bespreek moet word. Diegene wat meen dis onprakties of onmoontlik, moet kom sê waarom dit nie uitgevoer kan word nie.

Op die oog af lyk van die besluite na ’n reaktiewe benadering op Gear, die makro-ekonomiese raamwerk wat Mbeki en Manuel in 1996 van stapel gestuur het. Daar is byvoorbeeld ’n kort mosie “dat privatisering en uitkontraktering gestaak moet word en dat huidige uitgekontrakteerde entiteite in die openbare sektor hersien moet word”.

Dis egter water onder die brug. Die Gear-dokument is jare gelede al deurgevoer en afgehandel. Dis lankal tyd dat iets in die plek daarvan gestel moet word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae