Koop nou om te verhuur, sê kenner
Elke marksiklus hou sy geleenthede in.
Luukse motors raak te duur
Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.
Untitled Document
JSE VANDAG: All Share: 28172.28 Top 40: 26519.15 FNDI 30: 21378.30 Gold Mining: 2256.72 Resource 20: 66034.45 R152: 0.00 WISSELKOERS: Rand/$: 7.7400 Rand/£: 15.3200 Rand/€: 12.1700 Gold $/oz: 932.30 Platinum $/oz: 1997.50 Platts Brent Oil: 145.16 Dow Jones: 0.00 Nasdaq: +0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Changing SA's saving psyche
Sasol BEE: SAPO extends hours
Week of mass action ahead
Beeld
Valkoog stort neer
Mugabe aan bure: ‘Moenie my treiter’
Drie kinders sterf, ouers oorleef
Volksblad
Jy’s nie veilig in jou huis
Eiendomsagent skuldig aan hereregtebedrog
Toergids sterf ’n week voor sy eerste toer
News24
All Blacks draw first blood
JSC to meet over Hlophe
200 undergo virginity testing
Gewildste Artikels
Rentekoers eis sy tol van ekonomie
VSA is op die rand van ineenstorting, sê bankier
Verskuilde klousules kry ’n opstopper
Doebai se bewegende wolkekrabber ’n eerste
Mugabe, Mbeki verraai vryheidstryd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Pasop vir kanse waag met SAID
13/05/2008 00:48  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Amanda Visser

Daar wag dalk nog vir ’n paar belastingbetalers onaangename verrassings.

Die groot rede hiervoor is die elektroniese indieningstelsel waarmee individuele belastingbetalers verlede jaar vir die eerste keer te doen gekry het.

Die belangrikste verandering wat met die nuwe stelsel gekom het, is dat die ondersteunende dokumente nie meer saam met die opgawe ingedien moet word nie.

Die opgawes lyk op die oog af aansienlik eenvoudiger omdat dit baie korter is, maar die duiwel skuil steeds in die detail.

Daar was waarskynlik groot versoekings by ’n paar ouens om kanse te waag met eise wat nie heeltemal so wettig is soos wat dit kan wees nie. Dié mense moet weet dat die terugbetalings wat hulle op vals eise ontvang, later kan terugkom om hulle te byt.

Mnr. Hugo van Zyl, sake-en-belastingadviseur van Pretoria, waarsku teen sulke optrede.

“Moenie die elektroniese indieningstelsel misbruik net omdat dit nou nie nodig is om stawende dokumente saam te stuur nie.”

’n Mens word nie net beboet vir opsetlike belastingvermyding nie, maar ook vir vals eise.

Hou dokumente 5 jaar

Die verrassing vir diegene wat wel die kans gevat het, is dat al bevraagteken die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie vanjaar die eis nie, hy drie jaar tyd het om dit te doen.

Daarom moet stawende dokumente minstens vyf jaar lank gehou word, want as die belastinggaarder volgende jaar snuf in die neus kry, kan hy steeds die vorige jaar se dokumente vra.

Elke jaar ná die indieningsveldtog wag mense in spanning op hul aanslae om te hoor of hulle die belastinggaarder geld skuld en hoeveel dit is, en of hulle ietsie gaan terugkry.

Van Zyl sê vroeër jare het die SAID ’n belastingberekeningstabel aan die einde van die opgawes bygevoeg, maar dit het nou verdwyn.

Mense is dus taamlik in die duister oor die uitkoms van hul opgawes, behalwe natuurlik as hulle die dienste van mense soos Van Zyl gebruik of self die somme kan maak.

Maak PDF’s as jy geld verwag

Van Zyl het ’n belangrike stukkie advies vir belastingbetalers.

Enigiemand wat geregtig kan wees op terugbetalings van die SAID af, moet sorg dat hulle al hul stawende dokumente in PDF-formaat skandeer.

“Iemand wat ’n taamlike groot terugbetaling verwag, kan maar weet die SAID gaan vra vir stawende dokumente.”

Hy vertel dat ’n belastingbetaler wat sy stawende dokumente deur die elektroniese stelsel aangestuur het, die terugbetaling binne drie weke ontvang het.

Nog ’n belastingbetaler wat dit oor die toonbank gaan indien het, het ses weke vir sy terugbetaling gewag.

“Dit is duidelik dat die elektroniese indieningsmetode die antwoord is.”

Nog ’n belangrike wenk van Van Zyl is om doodseker te maak ’n mens het al hul bewyse vir die eise wat jy indien.

Iemand wat vergoed word op ’n kommissiegrondslag kan eise indien vir onder meer onthaaluitgawes. Al die strokies moet gehou word. “Jy maak die lewe net vir jouself moeilik as jy uitgawes uit jou duim wil suig.”

As ledegeld van ’n klub teruggeëis word, maak seker dit is relevant. Kommissie-ontvangers moet nie hul vervoer- en motorkoste op grond van die geagte koste eis nie, maar op die werklike koste.

Bewyse, bewyse en nogmaals bewyse. Die SAID tel dalk nie vanjaar teenstrydighede op nie, maar namate sy elektroniese profiel verbeter, raak dit al hoe meer kinderspeletjies vir hom.

Min klagtes

Prof. Lynette Olivier, uitvoerende hoof van die SAID se diensmonitor-kantoor (DMK), sê hulle word nie juis oorval met klagtes oor die SAID se terugbetalingstelsel nie.

“Ons ontvang gewoonlik baie klagtes in November en Desember elke jaar. Dan wil mense geld hê om met vakansie te gaan.”

Sy sê met die nuwe indieningstelsels van die SAID het daar ’n paar klippe in die pad beland. Dit is egter normaal en die probleme word uit die weg geruim.

Mnr. Mark Kingon, hoofbestuurder van bedryfsteun by die SAID, sê hulle het dusver terugbetalings van bykans R6 miljard aan meer as 1,3 miljoen belastingbetalers gedoen.

Daar is elke jaar die gevaar van bedrog. Mense doen hulle voor as amptenare van die SAID en oortuig belastingbetalers om hul persoonlike besonderhede bekend te maak sodat hul “terugbetalings” in hul rekenings gedeponeer kan word.

Verlede jaar is 20 mense in hegtenis geneem onder wie ’n vroue- werknemer van die SAID wat belastingbetalers se inligting uitgedeel het.

Pasop vir wie jy jou inligting gee

Die waarskuwing is duidelik: Moenie goedsmoeds jou persoonlike inligting uitdeel nie en as iemand jou perseel besoek en uitstaande belastinggeld eis, maak seker dit is werklik ’n beampte van die SAID al is hy of sy hoe oortuigend.

Mense wat geld skuld en nie op een slag kan betaal nie, moet liefs ’n reëling vir afbetaling maak.

Van Zyl wys daarop dat belastingbetalers geswartlys word as hulle nie hul belastingverpligtinge nakom nie.

En hoewel hy dit lanklaas gesien het, kan die SAID ’n brief aan die skuldenaar se bankbestuurder stuur waarin die betalings geëis word of dit kan met die goedkeuring van die werkgewer van die belastingbetaler se salaris verhaal word.

SAID is nie ’n bankier

Kingon wys daarop dat die rente oploop al is ’n reëling met die SAID getref. Dit is hoe dit is.

Almal is natuurlik altyd verbaas waarom die belastingbetaler meer rente moet betaal as hy die belastinggaarder geld skuld, terwyl die rente wat die belastingbetaler van die SAID ontvang minder is. “Dit is om te verhinder dat mense die SAID as bankier gebruik om geld by hom te belê. Dit is ook nie uniek aan Suid-Afrika nie, maar is internasionaal die gebruik,” sê Olivier.

Wie op aarde sou dit enigsins oorweeg het om die belastinggaarder as sy bankier in te span?

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae