Koop nou om te verhuur, sê kenner
Elke marksiklus hou sy geleenthede in.
Luukse motors raak te duur
Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.
Untitled Document
JSE VANDAG: All Share: 28172.28 Top 40: 26519.15 FNDI 30: 21378.30 Gold Mining: 2256.72 Resource 20: 66034.45 R152: 0.00 WISSELKOERS: Rand/$: 7.7100 Rand/£: 15.2900 Rand/€: 12.1600 Gold $/oz: 930.77 Platinum $/oz: 1998.50 Platts Brent Oil: 145.16 Dow Jones: 0.00 Nasdaq: +0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Só gaan Indië wêreld-toneel herskik
13/05/2008 22:21  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

China se ekonomiese opmars het in onlangse jare soveel publisiteit geniet dat gebeure in Indië geneig was om op die agtergrond te skuif.

Sedert 2003 groei die ekonomie van Indië met ’n verstommende pas van sowat 9% per jaar (in reële terme), wat die gaping tussen die groeikoerse van dié twee lande byna uitgewis het. Trouens, heelparty waarnemers meen dat China se ekonomie heelwat baat gevind het by ’n sogenaamde “groeipremie”, as gevolg van die voorbereidings vir die Olimpiese Spele vanjaar. Sodra die Spele afgehandel is, bestaan die moontlikheid dat Indië teen ’n hoër koers as China kan groei.

Nog ’n rede waarom die kollig in Suidoos-Asië nog nie feller op Indië geskyn het nie, is die verstommende ekonomiese vooruitgang van die sogenaamde “tiere” uit Asië. Lande soos Suid-Korea, Hongkong, Maleisië en Singapoer het baie aandag getrek vanweë die merkwaardige toename in ’n relatief kort tydjie in welvaartsvlakke, soos gemeet aan inkomste per capita.

Sosialisme verarm

Die algemene maatstaf is om ’n land se totale produksie (BBP) te deel deur die bevolking. Gedurende die 1960’s was lande soos die huidige Zimbabwe en Kenia ryker as byna alle lande in Suidoos-Asië. Vandag is die BBP per capita van Singapoer 50 keer so hoog as dié van Kenia en 100 keer so hoog as in Zimbabwe.

Suid-Korea is ook ’n bruikbare maatstaf om vergelykings met ander ontwikkelende lande te tref. Dié land het 20 jaar gelede beleidsmaatreëls begin navolg wat lynreg verskil van die strategie van sy noordelike buurland, wat sentrale ekonomiese beplanning en sosialisme met ’n militêre diktatuur gekombineer het (min of meer dieselfde model as in Zimbabwe, Mianmar en Kuba).

Die uiteinde hiervan is dat Suid-Korea tans ’n BBP per capita geniet wat 30 keer so hoog is as in Kenia en 60 keer so hoog as in Zimbabwe. Noord-Korea is so brandarm en geïsoleerd (uit eie keuse) dat geen gesaghebbende internasionale navorsing oor welvaartsvlakke gedoen kan word nie. Die maatskaplik-ekonomiese verskil tussen die twee Koreas vertoon soos dag en nag.

Demografie is bepalend

Die kollig sal in komende jare ál meer op Indië val, veral weens die land se posisie as die derde grootste ekonomie ter wêreld, gemeet aan koopkrag-pariteit. (In nominale BBP-terme is Indië die 12de grootste ekonomie ter wêreld, met China in die vierde plek).

Die belangrikste rede vir die waarskynlikheid dat Indië binne drie dekades die wêreld se grootste ekonomiese moondheid sal word, is demografie. Die land se bevolkingsaanwas is meer as dubbel dié van China (1,5% per jaar). In ekonomiese terme beteken baie mense in die reël volop arbeid en ’n sterk vraag na ’n wye reeks van verbruikersgoedere.

In ’n omvattende verslag oor die langtermynvooruitsigte van die wêreld se vier grootste ontluikende moondhede (China, Indië, Rusland en Brasilië), wat in 2003 deur die beleggingsfirma Goldman Sachs gepubliseer is, word daarop gewys dat Indië die grootste kans het om tot en met 2050 ’n ekonomiese groeikoers van meer as 5 persent per jaar te handhaaf. Dit is hoofsaaklik weens die vooruitsig dat die land se bevolking ook tot minstens 2050 sal aanhou groei.

Deregulering

Die vonk vir die versnelling van ekonomiese groei in Indië was deregulering. Sedert die vroeë 1990’s het opeenvolgende regerings daarin geslaag om ál meer van die beperkings op ekonomiese vryheid te verwyder.

Die boodskap van die inherente onvermoë van sosialisme om ’n land se welvaart te verhoog, is deur die land se demokraties verkose regering begryp (Indië is sedert 1947 die wêreld se grootste demokrasie). Staatsbeheer oor die besit en beweeglikheid van ekonomiese hulpbronne is stelselmatig verslap en ondernemerskap is wyd aangemoedig. Verder is fiskale beleid aangepas om enersyds die begrotingstekort te verlaag en andersyds vaste investering en prakties gerigte onderwys en opleiding aan te moedig.

Indië se regering het vroeg besef dat die institusionele ineenstorting van die voormalige Sowjet-unie en dié se bondgenote in Oos-Europa in groot mate deur ’n onstuitbare internasionale neiging tot groter mededingendheid veroorsaak is. Binne enkele maande ná die val van die Berlynse Muur en die einde van die Koue Oorlog het Indië invoertariewe begin verlaag, valutabeheer verslap, mededinging aangespoor en buitelandse handel aangemoedig. Beloning

’n Doelbewuste strewe om vryemarkbeginsels uit te bou en te verstewig het vrugte afgewerp. Oor die afgelope sewe jaar het Indië se internasionale rangorde gegrond op die doeltreffendheid van die sake-omgewing met sowat 20% verstewig – die derde beste verbetering, volgens die Economist Intelligence Unit.

Verdere belonings vir die beleid van deregulering is die verhoging in die land se buitelandsevalutareserwes van $10 miljard in 1993 tot meer as $300 miljard. Regstreekse investering deur buitelanders het oor die afgelope vyf jaar met sowat 250% verhoog en Indië se internasionale krediet-gradering verbeter voortdurend.

Verder het Indië gedurende die afgelope dekade daarin geslaag om onder die voorste tien lande te wees wat gemiddelde jaarlikse groei in dienstesektore betref – meer as 7% per jaar.

Dienstesektore beskik in die algemeen oor relatief hoë vlakke van toegevoegde waarde en vereis ook, in die reël, beter opleiding. Laasgenoemde verteenwoordig nog ’n bestanddeel van Indië se wenresep, naamlik ’n volgehoue beleid van tersaaklike vakkundige opleiding, veral in die sektor vir inligtingstegnologie. (Na verwagting sal in die volgende vyf jaar sowat 100 miljoen nuwe rekenaars in Indië verkoop word).

Geskiedenis word verander

Die ekonomiese opmars van Indië en China is in ’n onlangse verslag deur die nasionale intelligensieraad van die VSA bestempel as ’n verskynsel wat die wêreldgeskiedenis op ’n soortgelyke wyse kan raak as die opkoms van Duitsland in die 19de eeu en dié van die VSA in die 20ste eeu.

Die bygaande tabel toon waar Indië se plek op die ranglys lê wat verskeie maatskaplik-ekonomiese aanwysers betref. Daaruit is dit duidelik dat Indië ’n groot rolspeler in die wêreldekonomie is.

Vir Suid-Afrika, wat ’n sterk geskiedkundige verbintenis met Indië het, is dit goeie nuus. Engels is een van die twee amptelike landstale in Indië en die in- en uitvoerhandel tussen Suid-Afrika en Indië behoort in die toekoms te blom. - Dr. Botha, ekonomiese raadgewer van PricewaterhouseCoopers, is ’n vorige wenner van Sake24 se Ekonoom van die Jaar-wedstryd.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae