Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Koerantberig het nie Saambou laat vou
15/05/2008 00:20  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die Saambou-sage van ses jaar gelede is opnuut in die kollig met die kwytskelding van twee voormalige Saambou-direkteure op aanklagte van bedrog en diefstal.

Aantygings word nou gemaak dat die media die probleme veroorsaak het. Mnr. Charles Edwards sê in ’n onderhoud met Rapport dat ’n koerantberig waarin bespiegel is dat Saambou finansiële probleme ondervind “die sneller was vir die ineenstorting van die bank”.

Hoewel die betrokke publikasie nie by name genoem word, is die kanse goed hy verwys na die berig op Woensdag 6 Februarie 2002 in die destydse Sake-Beeld. Hier word gemeld van gerugte oor ’n stormloop deur deposante by Saambou Bank wat tot ’n daling in die aandeelprys gelei het.

Edwards se kommentaar herinner aan die bekende uitlating deur Mandy Rice-Davies oor ontkenning in die Profumo-skandaal: “He would, wouldn’t he?”

Hoe maklik is dit nie om die media te verkwalik wanneer alles om jou ineenstort nie. En hoe gou vergeet mense nie van wat werklik gebeur het.

Sy uitlatings is eintlik ’n klassieke voorbeeld van waar die boodskapper die skuld kry vir negatiewe gebeure. Want daar was baie rolspelers in die drama – van die Raad op Finansiële Dienste (RFD) en finansiële aanstellings tot by Saambou-aandeelhouers en graderingsinstellings. Om nie van die Reserwebank, mnr. Trevor Manuel, Eerste Nasionale Bank (ENB) en African Bank Investments Limited (Abil) te vergeet nie. En les bes, ook Saambou se bestuur van destyds, wat nou oënskynlik onskuldig pleit.

’n Stormloop gebeur nie sommer uit die niet nie. ’n Koerant kan nie ’n stormloop of probleme by ’n bank fabriseer as dit nie daar is nie.

Die destydse berig het gevolg op maande se bespiegeling van probleme by die bank. Maar berigte hieroor het nooit die daglig gesien nie, juis uit ’n verantwoordelikheidsoogpunt.

Beriggewing oor Saambou se resultate voor die krisis het gewys op onder meer ’n reuse-groei in voorskotte, ’n skerp styging in toeskryfbare wins en nie-rente-inkomste wat met 39% klim. Vrae oor onbeheersde groei by finansiële instellings is beslis in die openbare belang.

En dan was daar Thuthukani, Saambou se mikrolener wat rojaal met die ongesekureerde uitlenings te werk gegaan het. Vrae is gereeld gevra of die voorsienings vir Thuthukani genoeg was, met antwoorde wat nie juis vertroue gewek het nie.

Ontleders het begin om met ’n fyn kam deur Saambou se kapitaal te gaan. Graderingsagentskappe was ongelukkig oor wat hulle gesien het.

Die koerant se plig was om op die feite te konsentreer. Daar is op groot skaal weggebly van sensasie en die bestuur se sienings is deurentyd weergegee. Hoe kan verwag word dat geen berig gepubliseer mag word as lesers die koerant bel met inligting oor hoeveel geld op ’n dag onttrek is en hoeveel mense by banktakke opgemerk is nie? Daarby het Saambou se aandeelprys op 5 Februarie met 20% gedaal.

Geen koerant wat sy sout werd is, kan dan stilbly nie.

’n Belangrike onus het gerus op Saambou se bestuur om kalmte en gerusstelling te bring. Maar die reaksie was ongelukkig een van swye en walgooiery. Dit het die probleem net vererger sodat mnr. Christo Wiese, die registrateur van banke, op Sondag 10 Februarie die media vertroulik ingelig het dat Saambou onder kuratorskap geplaas sou word.

Politiekery was daar sekerlik, want ’n gevalle prooi lok maklik hiënas. Argumente was destyds legio oor hoekom Saambou nie onder die skalpel moes gaan nie. Investec het selfs ’n plan op die tafel gehad om R700 miljoen in die bankgroep te pomp.

Al die planne het skipbreuk gely en Saambou se mikroleningsboek is vir R3,6 miljard aan Abil verkoop. ENB het uiteindelik die depositoboek van R7,9 miljard oorgeneem en die huisverbande van R4,9 miljard. Uiteindelik het nie een enkele Saambou-belegger iets verloor nie, hoewel 2 000 mense hul werk kwyt was.

Wie kan vandag met sekerheid sê dat dinge nie anders kon uitdraai nie? Onthou, die probleme by Saambou is voorafgegaan deur die UniFer-krisis by Absa, wat tot ’n algehele wantroue in mikroleningsinstellings gelei het.

Soos dit is, het BoE – destyds die sesde grootste finansiële instelling in die land – ook kort daarna in Maart ’n stormloop beleef wat deur tydige optrede van die owerhede omgekeer is.

BoE se destydse bestuursoptrede onder mnr. Tom Boardman en dié van Absa onder mnr. Nallie Bosman vorm ’n merkbare kontras met Saambou. Hulle het van die begin af oop kaarte gespeel, wat vertroue uiteindelik herstel het.

Dit bring ’n mens by die latere regstappe teen Edwards, nog ’n direkteur en mnr. Johan Myburgh, die voormalige uitvoerende hoof. Streng gesproke het dit niks te make gehad met die stormloop nie, al het die gerugte van moontlike oortredings van die Bankwet sake nie gehelp nie.

Die stappe teen hulle het heel waarskynlik gespruit uit die vasbeslotenheid by die owerhede om te wys dat ondeurdagte bestuurstappe wat tot ’n stormloop kan lei, nie geduld sal word nie. Of die beriggewing daaroor regverdig is, al dan nie, moet beoordeel word teen die agtergrond van hoe die betrokkenheid van alle belanghebbendes by die hele sage gehanteer is.

Dan sal gesien word die media het besonder verantwoordelik en regverdig opgetree.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae