Koop nou om te verhuur, sê kenner
Elke marksiklus hou sy geleenthede in.
Luukse motors raak te duur
Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.
Untitled Document
JSE VANDAG: All Share: 28172.28 Top 40: 26519.15 FNDI 30: 21378.30 Gold Mining: 2256.72 Resource 20: 66034.45 R152: 0.00 WISSELKOERS: Rand/$: 7.7400 Rand/£: 15.2600 Rand/€: 12.1700 Gold $/oz: 932.00 Platinum $/oz: 1997.50 Platts Brent Oil: 145.16 Dow Jones: 0.00 Nasdaq: +0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Changing SA's saving psyche
Sasol BEE: SAPO extends hours
Week of mass action ahead
Beeld
Valkoog stort neer
Mugabe aan bure: ‘Moenie my treiter’
Drie kinders sterf, ouers oorleef
Volksblad
Jy’s nie veilig in jou huis
Eiendomsagent skuldig aan hereregtebedrog
Toergids sterf ’n week voor sy eerste toer
News24
Kiwis reclaim No 1 spot
JSC to meet over Hlophe
200 undergo virginity testing
Gewildste Artikels
Rentekoers eis sy tol van ekonomie
VSA is op die rand van ineenstorting, sê bankier
Verskuilde klousules kry ’n opstopper
Doebai se bewegende wolkekrabber ’n eerste
Mugabe, Mbeki verraai vryheidstryd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
SA media sit met groen balk in oog
15/05/2008 08:18  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Vee eers voor jou eie deur.

Voordat die media kritiek lewer op Suid-Afrikaanse maatskappye en staatsinstellings se meestal trae reaksie op die uitdagings van klimaatsverandering, behoort hulle die hand in eie boesem te steek.

Die mediareus Newscorp is van die groot internasionale mediamaatskappye wat deelneem aan die Carbon Disclo?sure Project (CDP). Newscorp as mediamaatskappy se benadering teenoor klimaatsverandering is ’n goeie voorbeeld vir plaas?like groepe.

Newscorp sê in sy 2007-voorlegging aan die CDP hy is as mediamaatskappy nie in dieselfde mate aan die risiko’s van klimaatsverandering as meer energie-intensiewe bedrywe blootgestel nie, maar hy erken ten minste die risiko’s.

Newscorp het ’n internasionale energie-inisiatief wat bedoel is om sy energiegebruik en kweekhuisgasvrystellings aansienlik te verminder, asook om werknemers en kliënte/kykers/lesers by die kwessie te betrek.

Newscorp verstaan dat die stygende pryse van elektrisiteit en brandstof, die ontwrigting van sakebedrywighede weens buitengewone weerstoestande en die regulatoriese risiko verbonde aan bestaande en toekomstige regeringsbeleid bykans elke bedryf voor uitdagings stel.

Die kommersiële risiko’s van klimaatsverandering op Newscorp is die ontwrigting wat uiterste weerstoestande op die produksie en verspreiding van vermaak- of nuusprogramme kan hê. Die stygende koste van energie kan winssyfers nadelig raak, veral in meer energie-intensiewe bedrywighede soos koerantuitgewerye en nuuskantore wat regdeur die nag bedrywig is.

Newscorp sien die geweldige geleenthede vir die groep in die aanpak van klimaatsverandering. “Ons kan koste sny, ons bedrywighede doeltreffender maak, ons werknemers betrek en motiveer, ons betrekkinge met adverteerders, verskaffers en verspreiders uit?brei, en die band met ons gehore versterk deur kwessies aan te pak wat die grootste impak op hul lewe het.

“Die vermindering van ons energie-gebruik en van ons afhanklikheid van nie-hernieubare energiebronne het bloot goeie sakesin. Ons gaan die energiedoeltreffendheid van ons beligting, verhitting, ventilasie en lugversorging, vervoer en inligtingstegnologie ver?beter. Vir ons groeiende digitale bates is daar groot waarde in die vermindering van die kraggebruik van ons rekenaars, bedieners en datasentra en om hernieubare energiebronne te vind om ons toerusting aan die gang te hou.”

Newscorp sien die waarde daarvan in om klimaatsverandering aan te pak as ’n groot geleentheid om werknemers se verbintenis tot die maatskappy te versterk. Deur met adverteerders, verskaffers en verspreiders oor die kwessie saam te werk, kan doeltreffender maniere gevind word om sake te doen, en kan kweekhuisgasse verminder word en ekonomiese waarde geskep word.

As mediamaatskappy is die mees unieke geleentheid die manier waarop Newscorp sy honderde miljoene lesers, kykers en internetgebruikers betrek en inspireer.

Om werknemers te betrek het Newscorp ’n interne veldtog begin waar hulle genooi is om energiebesparende idees te gee. Wenke word gegee oor hoe om energiegebruik en kweekhuisgasvrystellings op kantoor en tuis te verminder.

Newscorp het ’n teiken om elke filiaal teen 2010 koolstof-neutraal te hê, en om teen 2012 sy gebruik van nie-hernieubare energiebronne so te verminder dat sy koolstof-afdruk 10% kleiner as in 2006 sal wees.

Die grootste potensiaal vir ’n kleiner koolstof-afdruk is volgens Newscorp in sy beligting, vervoer, IT en geboue.

Twee Newscorp-onder?nemings in Brittanje het kontrakte gesluit om elektrisiteit van hernieubare bronne te koop. Nuwe geboue bevat talle energiedoeltreffende aspekte. Sommige filiale in die VSA en Australië het begin om hul bestaande motorvlote met hibriede-motors te vervang. By die Fox-ateljees in Los Angeles eksperimenteer Newscorp met sonkragaangedrewe gholfkarre om werknemers van een punt na die ander te vervoer.

Ook het Newscorp onafhanklike vennote betrek om sy eie koolstof-voetspoor te bereken. Dit sluit alle brandstof in wat gebruik word, alle elektrisiteitsverbruik, asook die impak van lugreise deur werknemers vir sakedoeleindes. In die jaar tot einde Junie 2006 het Newscorp 641 150 ton koolsuurgas vrygestel en 822 250 megawatt-uur elektrisiteit gebruik. Werknemers se vlugte het gesorg vir 59 487 ton koolsuurgas wat in die atmosfeer vrygestel is.

Nou ja, dis dalk net die mooiskrywery van ’n Newscorp-skakelpersoon, maar in vergelyking daarmee lyk dit of Suid-Afrikaanse mediamaatskappye ver agter is.

Vergelyk dit maar met die deelname – of gebrek daaraan – van Suid-Afrikaanse mediamaatskappye aan die eerste plaaslike CDP onder die top-40 JSE-maatskappye wat in November verlede jaar bekend gestel is.

Naspers, die enigste genoteerde mediamaatskappy onder die JSE se top 40, het in ’n eenbladsyverklaring aan die CDP gesê die groep erken die groeiende belangrikheid van die CDP, maar is huiwerig om die inligting te verstrek wat in die CDP-vraelyste gevra word.

Naspers sê hy is besig om prosesse te formaliseer om oor klimaatsverandering en kweekhuisgasvrystellings binne die maatskappy verslag te doen.

Die groep sê hy maak seker sy papier kom van volhoubare bronne, en byna al sy afvalpapier word herwin.

Niks is nog gesê oor wat die groep doen om energiedoeltreffendheid of volhoubare energiegebruik aan te moedig nie, of oor wat hy doen om sy lesers/kykers/kliënte oor die impak van klimaatsverandering in te lig nie.

Media24, filiaal van Naspers, is wel ’n mediavennoot in die nasionale veldtog The Power of One wat individue, maatskappye, kerke, groepe, gemeenskappe, skole en die staat te midde van die Eskom-krisis wil saamsnoer om minder krag te gebruik.

Mnr. Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, bestempel klimaatsverandering in die voorwoord tot die Suid-Afrikaanse CDP-verslag as waarskynlik die enkele grootste langtermyn-bedreiging vir die wêreld.

Is die Suid-Afrikaanse media ook hieroor aan die slaap soos wat hulle volgens sommige waarnemers oor die huidige kragkrisis aan die slaap was?

) Sake24 is ’n Naspers-publikasie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae