Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Tegniese Siening:
Hou dié aandele dop in die lig van wêreldwye neiging van duurder kos

16/05/2008 22:15  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Shaun van den Berg

Volgens die Verenigde Nasies se voedselprogram het die prys van noodsaaklike stapelvoedsel – koring en ander graanprodukte – oor die afgelope ses maande wêreldwyd met meer as 50% gestyg.

Dit het aanleiding gegee tot spanning en onluste in verskeie lande, soos Kameroen, Burkina Faso, Haïti en Egipte.

Na raming kan stygende voedselpryse minstens 100 miljoen mense in lae-inkomstelande in akute armoede dompel.

Tans is daar ’n neiging by sekere lande om binnelandse markte te probeer beskerm, maar die konsensus is dat internasionale graanmarkte “oop” moet bly en soos normaalweg moet funksioneer.

In Suid-Afrika is mense ook bekommerd oor die skerp styging in voedselpryse, wat ’n groot bydrae lewer tot die styging in inflasie. Voedselpryse het reeds meer as 26% tot VPIX-inflasie bygedra.

Die departement van minerale en energie het wel aangekondig dat mielies nie in die aanvanklike fases van die land se biobrandstofprojekte aangewend sal word nie. Dié besluit is juis geneem weens die besorgdheid oor voedselsekuriteit en vrese vir moontlike stygings in die mielieprys.

Kyk ’n mens na plaaslike voedselmaatskappye, is daar aanduidings dat die situasie tog sommige positief raak.

Tiger Brands

Tiger Brands se prys is tans op ’n stewige galop, met verhandeling ver bo die 21-dae- en 40-dae-gemiddeldes. Hoewel sy aandele reeds gretig gekoop is, is daar nog geen duidelike verkoop?tekens nie. ’n Hou-aanbeveling kan dus gemaak word.

Ander in dié sektor wat tegnies ook ’n hou-aanbeveling regverdig, is Illovo, Oceana en Tongaat.

AVI

AVI is in Suid-Afrika gesetel en fokus op die verbruikersmark vir bekende handelsmerke.

Die sleutelvaardighede van die maatskappy is die bemarking, verwerking en vervaardiging van voedsel, drinkgoed, skoene en kosmetiese produkte.

Uit ’n waardasie-perspektief is AVI in ’n regverdige posisie met sy prys-verdienste-veelvoud (p/v) relatief teenoor groeivooruitsigte van 81 punte. Enig?iets tussen 76 en 135 punte word as goeie waarde bestempel. ’n Syfer bo 136 punte is dikwels ’n aanduiding dat die maatskappy se prys te ver gestyg het.

Die tegniese grafiek van AVI toon dat die aandeel steeds bo die 21-dae- en 40-dae-gemiddeldes verhandel, maar dit verhandel ook bo die opwaarts neigende ondersteuningslyn.

Die bewegende-gemiddelde-konvergerende-en-divergerende-aanwyser (BGKD – wat nie hier gewys word nie) is net onder die snellerlyn in ’n oorgretig verkoopte gebied, terwyl ’n toename in die volume aandele wat verhandel word, moontlik wys dat groter momentum na die bokant vir die aandeelprys kan ontwikkel.

AVI bly egter tegnies ’n hou-aanbeveling, net soos Afgri met ’n p/v relatief tot groeivooruitsigte van 81.

Aan die ander kant is Astral ondergewaardeer en verhandel hy op ’n p/v relatief teenoor groeivooruitsigte van 62. Terselfdertyd verhandel Astral onder sy bewegende gemiddeldes met ’n algemene neiging wat nie baie positief lyk nie.

Dit toon ook dat die volume taamlik verspreid is en nie momentum opbou nie. Wag totdat die neiging na ’n bullopie omkeer voordat oorweeg word om die aandeel te koop.

Sovereign Food Investments

Die derde tegniese grafiek waarna ons kyk, is dié van Sovfood. Sovereign Food Investments is die beheermaatskappy van drie bedryfsmaatskappye in die hoenderbedryf wat strek van teel- en boerderybedrywighede en die vervaardiging van dierevoer tot die verdere verwerking van hoenderprodukte.

Sovfood is aansienlik ondergewaardeer en verhandel op ’n p/v relatief tot groeivooruitsigte van 57.

Die tegniese grafiek wys dat dit onder sowel die 21-dae- as die 40-dae-gemiddelde verhandel en die neiging bly negatief.

Dit is ook steeds oorverkoop en ons stel voor dat lesers wag totdat daar aanduidings is dat die aandeelprys opwaarts kan begin beweeg.

) Van den Berg is die hoof- tegniese ontleder by PSG Online.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae