Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Luister of ons loop, sê X-ers
23/06/2008 01:13  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

Maatskappye is gou om te sê werknemers is hul grootste bate.

Hulle is egter minder bereid om te luister na wat dié bate, toevallig die enigste wat kán praat, te sê het.

Dink hoe gereeld die “meer geld”-rede met die indiening van ’n bedanking aangevoer word, terwyl groener weivelde in die eerste plek om ander redes opgesoek is.

Volgens me. Natalie Witthuhn, aanbieder van ’n kursus in talentbestuur by die Wits-sakeskool, is die geldfaktor ’n algemene verskoning.

As dit kom by ’n beroepskeuse – en ’n plek waar die meeste van ’n werkende persoon se tyd bestee word – is geld nie noodwendig die grootste motiveerder nie. Veranderende werksplek

Soos die meeste dinge in die lewe, verander die vereistes van ’n werkgewer ook voortdurend.

Die generasie X’ers wat deesdae die mark betree, verskil wêrelde van hul Baby Boomer-werkgewers, meen Witthuhn.

Baby Boomers fokus op harde werk terwyl die nuwe generasie X meer gefokus is op die plesier wat spruit uit die harde werk.

Hulle skroom ook nie om die spesifieke werk vaarwel toe te roep indien dit pretbederwend is nie, en is minder geneig om soos hulle ouers vir tot 27 jaar by dieselfde maatskappy te bly.

Die huidige tekort aan geskikte kandidate om poste te vul, sal egter veroorsaak dat maatskappye hul werknemers toenemend soos goud sal moet oppas. Die tekort aan vaardighede

“Daar is ’n groot vaardigheidstekort in die land – dit is ’n wêreldwye probleem, maar baie erger in ontwikkelende lande waar die mense met vaardighede na ontwikkelde lande emigreer,” sê Witthuhn.

Dit is veral maatskappye in die ingenieurswese en finansiële sektore wat deurloop.

Die lem het dus twee snykante – nie net bestaan die probleem dat mense maklik bedank nie, die groot probleem ontstaan wanneer iemand vervang moet word.

Deur mense aan te stel met die gedagte of hulle getrou sal bly of nie, is nie die oplossing nie.

Maatskappye moet selfondersoek doen om ’n manier te vind hoe werknemers, veral jongeres wat meer geneig is om groener weivelde te gaan soek, behou kan word. Hoe om talent te behou

Tog is daar faktore wat ’n maatskappy vóór sy eweknieë kan plaas, meen Witthuhn.

Die organisasie-kultuur is sekerlik een van die belangrikste faktore. ’n Maatskappy se handelsmerk moet nie onderskat word nie – kyk maar net na Google wat onlangs weer ingestem is as die gunsteling werkgewer.

“ ’n Kultuur waar mense wil bly, sluit gewoonlik buigsame werkure in,” sê Witthuhn.

Ontwikkeling word volgens Witthuhn ook hoog geag. “Mense sal bedank wanneer hulle voel dat daar geen ontwikkeling is nie.

“Jy kan egter mense so baie ontwikkel soos jy wil, as werkers nie respek het vir ’n onbekwame bestuurder nie, sal dit net erger gaan wanneer hulle terugkeer van ’n opleidingsessie.”

Opleiding en ontwikkeling moet dus geïntegreer word met ander dele van die werksomgewing – dít is volgens Witthuhn ’n sleutelfaktor.

“Suid-Afrikaners is baie sleg wanneer dit by prestasiebestuur kom,” meen sy. Die bestuur sal ’n swak presteerder eers ’n paar waarskuwings gee, die persoon vir opleiding stuur, en dan eers die moontlikheid van afdanking oorweeg.

“Maatskappye móét ontslae raak van swak presteerders.”

Mentorskap is ook iets wat hopeloos onderbenut word, so ook afrigting. In die ware sin van die woord moet werknemers self die geleentheid hê om hul mentors te kies. “Maar, maatskappye het tot nou toe meestal gesê, en nie geluister nie,” sê sy. Plaas individue onder die vergrootglas

Die bestuur moet ’n individuele benadering tot individue neem, en posbeskrywings moet só saamgestel word om individue te pas.

“Daar is navorsing wat bewys dat minder as 80% van mense hul sterkpunte by die werk gebruik.

Maatskappye is baie ingestel op genesing in plaas daarvan om te vra wat werkers goed kan doen, wat hulle sterkpunte is.”

Witthuhn meen die behoud van talent is een van die mees ingewikkelde gebiede wat deur ’n maatskappy ondersoek kan word.

Maar ’n maatskappy móét bewus wees van die mites en werklikhede wat oor hom bestaan. Klein gedagtes, groot resultate

Wanneer daar vir werkers waarde toegevoeg word, kan dit hulle langer by die maatskappy hou.

Volgens Whitthuhn is dit in die Suid-Afrikaanse mark die maatskappye met goed ontwikkelde strukture wat mense hélp om hul werk te verrig, asook dié wat ekstra dienste aan werkers beskikbaar stel, wat bokant die ander uittroon. Want dit is die klein goedjies wat tel.

“Dit laat mense voel asof al die harde werk en die feit dat hul lewe en siel in die werk ingaan, die moeite werd is,” sê sy.

“Maatskappye moet die stereotipes en aannames laat vaar en vir hul werknemers vra wat hulle wil hê.”

En dan – dan moet hulle luister.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae