Stywe leisels red SA banke in dié wegholtye
Vir die meeste mense is 'n bank soos 'n supermark: noodsaaklik, vanselfsprekend en altyd daar.
Jong inkopierotte laat winkels skarrel
Blogs bemagtig verbruikers, maar kan kleinhandelaars vernietig. Dié is maar een van die nuwe tendense wat kop uitsteek.
Untitled Document
Rand/$: 8.7800 Rand/£: 15.4500 Rand/€: 11.9500 Goud $/ons: 884.50 Platinum $/ons: 1007.50 Platts Brent Olie: 86.75
JSE VANDAG: All Share: 21642.16 Top 40: 19596.10 FNDI 30: 20393.49 Gold Mining: 1576.42 Resource 20: 38696.08 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: PLACECOL 29+45.00% · KAYDAV 45+28.57% · WOOLTRU 13+18.18% · URONE 1300+17.54% · TRENCOR 2000+14.29% · VERLOORDERS VANDAG: TAWANA 22-42.11% · BEGET 2-33.33% · KAIROS 18-25.00% · IMUNITI 4-20.00% · AFEAGLE 40-20.00% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
SA could get surprise rate cut
FSB: Why we didn't act
Credit act 'a saving grace'
Beeld
Dis tóé dat pa slapende kinders skiet
Dié 9 sterf in ramp
Slagoffer was Corné Krige se niggie
Volksblad
2 gesinne sterf
Vliegongeluk: Geliefdes onthou 9 oorledenes só
Afskeid moet wag nadat saal gebrand het
News24
SA could get surprise rate cut
Crime is enemy No. 1 - Mashatile
No judges to hear Mathe case
Gister se gewildste Artikels
Swakker rand gooi petrol op inflasievuur
JSE, rand kry bloedneus
Redplan se groot toets
Europa vra SA moet op spitsberaad wees
Sokkerklub-verkryging nie perde koop
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
23/06/2008 23:57  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Charles Naudé

Zimbabwe het nou volledig ’n verloor-verloor-situasie geword.

Dit word onderstreep deur eergister se besluit deur mnr. Morgan Tsvangirai, leier van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), om hom aan die bloedige, klugtige tweede ronde van die presidentsverkiesing te onttrek.

Tsvangirai kan nie wen nie. Hoewel sy party die parlementsverkiesing gewen het en hy die meeste stemme in die eerste ronde van die presidentsverkiesing gekry het, het die terreurveldtog teen hom en sy ondersteuners deur pres. Robert Mugabe se gewapende bendes sy deelname aan die tweede ronde onmoontlik gemaak.

Benewens die gereelde inhegtenisnemings van MDC-leiers en die ontwrigting van sy verkiesingsveldtog, is na skatting byna 100 mense, meestal MDC-ondersteuners, grusaam vermoor, sowat 10 000 aangerand en in sommige gevalle vermink, en 20 000 uit hul huise verdryf.

Mugabe kan ook nie wen nie. Selfs al kry hy Vrydag in die tweede ronde die meeste stemme, sal dit ’n holle oorwinning wees. Hy het geen geloofwaardigheid oor nie, en ’n erg vernielde land om te regeer.

Hy het sy eie geloofwaardigheid stelselmatig vernietig – eers deur die terreurveldtog deur sy troepe in Matabeleland waarin ’n geskatte 20 000 inwoners uitgemoor is in die jare nadat hy in 1980 eerste minister geword het, daarna deur sy sloping van die Zimbabwiese ekonomie wat in 2000 begin het toe sy gewapende bendes boere geterroriseer en van hul plase gejaag het, gevolg deur sy terreurveldtog teen die informele sektor van die ekonomie, tesame met sy minagting van die regstelsel en sy muilband van die vrye media, wat alles daarop uitgeloop het dat tot 4 miljoen Zimbabwiërs landuit gevlug het, en uiteindelik sy vernietiging van die laaste oorblyfsels van die demokrasie deurdat sy terreurbendes ’n vrye en regverdige presidentsverkiesing onmoontlik gemaak het.

Daarmee het Mugabe ’n kringloop voltooi. Hy was in die 1970’s ’n terroris in die oë van die wit minderheidsregering teen wie hy en andere hulle verset het. Toe is hy as vryheidsvegter erken en het hy eerste minister en later president van sy land geword. Nou is hy weer ’n terroris – dié keer in die oë van die meeste Zimbabwiërs én die wêreld.

Nog ’n verloorder is pres. Thabo Mbeki. Sy beleid van sogenaamde stille diplomasie, wat mettertyd versinnebeeld is deur foto’s van hom en Mugabe wat handjies vashou, het finaal misluk.

’n Argument wat ’n paar jaar gelede geopper is vir Mbeki se benadering, is dat hy saggies met Mugabe werk uit vrees dat hardhandige optrede tot die maatskaplik-ekonomiese vernietiging van Zimbabwe sou lei. Dit was ’n drog-argument.

Selfs al slaag Mbeki daarin om Mugabe en Tsvangirai in ’n gesamentlike regering op die Keniaanse patroon in te praat, wat die geweldpleging kan bedwing, sal dit ’n morele, politieke en demokratiese klug wees.

Verskeie ander verloorders kan geïdentifiseer word – Zimbabwe en sy mense, sy buurlande, waaronder Suid-Afrika, en trouens die hele Afrika.

Die beeld wat die wêreld van Afrika kry as gevolg van die Zimbabwiese tragedie, moet een van lamsakkige politieke leiding wees.

Graderingsagentskappe raak ontnugter met Suid-Afrika. Een van hulle, Fitch, het verlede week die Suid-Afrikaanse ekonomie afgegradeer van positief tot stabiel, terwyl nog een, Moody’s, gewaarsku het dat Suid-Afrika se mense, wit en swart, moed opgee oor die land.

Die woordvoerder van Moody’s het spesifiek verwys na die persepsie dat Suid-Afrika sit met ’n flou-makou-president wat sogenaamde rasse-nasionalisme ondersteun. Die woordvoerder het nie verduidelik wat sy daarmee bedoel nie, maar dit kan onder meer verwys na Mbeki se huiwering om sterk standpunt in te neem teen Mugabe.

Die vraag is wat Suid-Afrika nou te doen staan.

Ondanks die talle verloorders is alles nie noodwendig verlore nie, en daar is enkele positiewe tekens.

Vir Suid-Afrika en die lande van Suider-Afrika is dit noodsaaklik dat Mbeki en die ander streekleiers hulle openlik distansieer van Mugabe en sy maatskaplike, ekonomiese en politieke terreur.

’n Goeie teken is dat sommige van dié leiers Mugabe begin kritiseer het. As Mbeki eers die moed bymekaar kan skraap om teen Mugabe op te staan, behoort al die ander hom te volg.

Dit sal dalk nie Zimbabwe se probleme oplos nie, maar dit kan druk op Mugabe begin plaas en sy teenstanders moreel steun. Die belangrikste is dat dit vir die mense van Suider-Afrika en vir die wêreld hoop kan gee dat die leiers leiding kan neem.

Verder behoort die regering uit sy pad te gaan om te wys dat die Zimbabwe-siekte nie aansteeklik is nie.

’n Goeie teken daarvan is die verloop van die Hlophe-sage – dat die konstitusionele hof eenparig en sonder inmenging optree teen regter John Hlophe, regter-president van Kaapstad, wat na bewering twee regters van die konstitusionele hof probeer beïnvloed het in die vervolging van mnr. Jacob Zuma, leier van die ANC.

’n Kommerwekkende ontwikkeling is egter die onteieningswetsontwerp wat tans voor die parlement dien, en wat die regering in staat kan stel om enige eiendom van enigiemand te vervreem sonder inagneming van markwaarde of die beginsel van ’n gewillige koper en verkoper.

Al verduidelik die regering tot hy flou is dat hy so ’n wet nooit sal misbruik nie, sal hy grondeienaars nie gerusstel nie – veral omdat die terreur teen die Zimbabwiese ekonomie met die onteiening van grond begin het.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae