Lopende rekening se tekort krimp
Die tekort op die lopende rekening is effens beter daaraan toe en die president se bankrekening véél beter.
Slim sake oorbrug IT-gaping tussen oud en jonk
Die koms van die IT-era het waarskynlik die grootste generasiegaping in die geskiedenis van die mensdom veroorsaak.
Untitled Document
Rand/$: 7.9500 Rand/£: 14.0300 Rand/€: 11.3300 Gold $/oz: 800.87 Platinum $/oz: 1354.00 Platts Brent Oil: 105.05
JSE VANDAG: All Share: 25416.67 Top 40: 23185.31 FNDI 30: 22939.94 Gold Mining: 1635.63 Resource 20: 48468.88 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
More pain for platinum stocks
Mboweni pay hike 'appalling'
Seardel takes it on the chin
Beeld
3 sterf in jaagtog
Speelgoedgeweer kos 'kaper' sy lewe
'Jammer ek het jou geskiet'
Volksblad
Loesing met waaierband
Mangaung-raad nou oorlogsone tussen ANC-faksies, sê DA
Kalahari-Kuierfees spring jolig weg
News24
US: Mugabe cabinet a sham
Zuma prosecutor bid dropped
Boy killed for cellphone
Gewildste Artikels
Eskom-finansman glo moeg gesukkel
Nóg ’n grond-wet duik in hek
PetroSA gaan in Venezuela snuffel vir swart goud
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
Parkeer en betáál is die wet van . . . Kaapstad
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Mugabe, Mbeki verraai vryheidstryd
30/06/2008 21:57  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Charles Naudé

Die mislukking van Zimbabwe onder Robert Mugabe, asook pres. Thabo Mbeki se mislukte beleid teenoor Zimbabwe, bring die hele stryd vir vryheid in Afrika onder verdenking.

Mbeki se Zimbabwe-mislukking pas ook op ’n tragiese manier in by sy ander groot beleidsmislukkings – op die gebied van MIV/vigs, onderwys en opleiding, en in sekere mate ook misdaadbestryding.

Die tragiese gevolg van al die mislukkings is dat die mense wat die ergste daardeur benadeel word, juis die mense is vir wie se vryheid die stryd gevoer is. In Zimbabwe kom dit daarop neer dat hulle van die koloniale verdrukking bevry is, net om aan ’n nuwe, waarskynlik erger, verdrukking onderwerp te word.

In verskeie koerante en ander media wêreldwyd is die afgelope week bespiegel oor Mbeki se volharding met sy beleid van “stille diplomasie” teenoor Mugabe in die aanloop tot die afgelope naweek se klugtige “herkiesing” van Mugabe as “president” nadat sy enigste teenstander, mnr. Morgan Tsvangirai, hom aan die presidentsverkiesing onttrek het.

Die kritiek op Mbeki was soms skerp, en dit is duidelik dat sy reputasie saam met dié van Mugabe in die gedrang gekom het.

Mbeki se beskerming van Mugabe en ander despote wêreldwyd het ’n kommentator in die Washington Post laat vra of revolusionêre bewegings in Afrika vir bevryding of vir vryheid geveg het.

“As hulle net vir die bevryding van Westerse imperialisme geveg het, dan het bejaarde despote en verdrukkende regerende partye ’n aanspraak op mag. Maar indien vir vryheid, dan moet diegene wat nou in Zimbabwe vir vryheid werk, ook hul dag kry.”

Mark Gevisser, skrywer van die boek Thabo Mbeki – the dream deferred, het in die Wall Street Journal geskryf dat Mbeki graag die punt maak dat die wêreld ’n obsessie met Zimbabwe het omdat wit boere daar die slagoffers was, terwyl die ondermyning van die demokrasie in ander Afrika-lande die wêreld min skeel.

Hy skryf dat Mbeki dit mis het. “Die ergste slagoffers van Mugabe se kleptokrasie is swart mense, die arm(e) mense sonder ’n Britse of Suid-Afrikaanse paspoort wie se enigste keuse is om met onhoudbare inflasie saam te leef of onwettige migrante in Suid-Afrika te word – en wat nou bedrieg is deur die enigste ding wat hulle waardigheid gegee het: hul demokratiese regte.”

Gevisser maak ook die punt dat die redes vir die wêreld se huidige obsessie met Zimbabwe nie baie verskil nie van die redes wat in die 1980’s duisende mense na die anti-apartheid-beweging gelok het: ’n stryd tussen ’n nuwe en ’n ou manier van doen.

Op CNN het ’n kommentator gesê net een land het die geloofwaardigheid om in Zimbabwe ’n verskil te maak: Suid-Afrika. “En sy president, Thabo Mbeki, verswyg skandelik die gruwels in Zimbabwe.

“Mbeki het afstand gedoen van sy land se natuurlike leiersrol in Afrika deur sy lafhartigheid en medepligtigheid. Mbeki behoort sy kop in skaamte te laat sak.”

Die Chicago Tribune berig uit Johannesburg dat Mbeki deesdae embarrasserend geïsoleerd in die wêreld is. Hy word vir sy suutjies-suutjies-benadering van Mugabe regstreeks en onregstreeks gekritiseer deur leiers wêreldwyd, van die Amerikaanse presidentskandidaat Barack Obama tot ’n groeiende koor van Afrika-bondgenote.

Verskeie moontlike redes vir Mbeki se optrede word in die bespiegelings genoem – sy wantroue van Westerse lande, en veral die VSA; sy aandrang daarop dat Afrika self sy probleme moet oplos; sy vader-seun-verhouding met Mugabe, waarin Mugabe die moeilike vader is wat die seun vir die gek hou; dat Mbeki eintlik min simpatie met verdruktes en ander slagoffers het omdat hy self nooit ’n vryheidsvegter was of in die tronk aangehou is nie; dat hy én Mugabe min simpatie het met die nuwe geslag vryheidstryders; en dat hy homself en Mugabe beskou as intellektuele leiers wat verhewe is bo Tsvangirai en ander met ’n vakbond-agtergrond of vakbond-steun.

Mbeki se goeie verhouding met Mugabe kom van kort nadat Mugabe in 1980 premier van Zimbabwe geword het, toe hy nog ’n gerespekteerde Afrika-leier was en voordat onthul is dat hy ’n geskatte 20 000 mense in Matabeleland laat uitdelg het.

’n Buitelandse kommentator noem dat Mbeki en Mugabe al in 2000 afgeneem is waar hulle staan en handjies vashou nadat Mugabe op bedenklike wyse sy teenstanders in ’n verkiesing verslaan het – soos wat nou pas, agt jaar later, weer gebeur het.

Die tragedie van Zimbabwe is dat die vryheidstryd so skeefgeloop het dat die leidende vryheidsvegter Mugabe nie net die bloed van die duisende Matabeles aan sy hande het nie, maar ook verantwoordelik is vir die stelselmatige aftakeling van die demokrasie en die ekonomie van sy land tot nadeel van sy eie mense.

Die tragedie van Mbeki is dat hy mede-verantwoordelik gehou sal word vir die tragedie van Zimbabwe, wat hy nooit as ’n krisis wou erken nie, en ook vir die benadeling van sy eie mense in Suid-Afrika deur sy ontkenning van minstens drie krisisse – die MIV/vigs-pandemie, die agteruitgang van onderwys en opleiding en die geweldsmisdaad.

Dit sal ’n nuwe geslag leiers verg om nie net die skade te herstel wat deur Suid-Afrika en Zimbabwe se eens hooggeagte leiers nagelaat word nie, maar om ook die aansien van die vryheidstryd te herstel.

>> Hulle is van die koloniale verdrukking bevry, om aan ’n nuwe verdrukking onderwerp te word.

- charles.naude@sake24.com

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae