Legents ’n egte metroman plek
Daar is niks vroulik aan Legents Grooming Lounge nie - dit is nou benewens die vroue wat hier as stiliste hul deel bydra. Dit 'n salon eksklusief vir mans.
Wag totdat die mark omswaai
Ondanks enorme finansië ondersteuningspakkette en rentekoersverlagings het paniek steeds hoogty gevier in aandelemarkte. Dan is kontant koning.
Untitled Document
Rand/$: 9.4600 Rand/£: 16.1200 Rand/€: 12.6900 Goud $/ons: 847.40 Platinum $/ons: 987.50 Platts Brent Olie: 78.59
JSE VANDAG: All Share: 20595.23 Top 40: 18641.17 FNDI 30: 19394.93 Gold Mining: 1898.59 Resource 20: 36874.58 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: PURPLE 29+45.00% · WESCOB 297+41.43% · CAPEMP 70+18.64% · AQUARIUS 3315+18.39% · DRDGOLD 470+17.50% · VERLOORDERS VANDAG: PLACECOL 20-31.03% · AWETHU 8-27.27% · SANTOVA 4-20.00% · IMUNITI 4-20.00% · ABSOLUTE 4-20.00% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
ANCYL branch: Malema a danger
Lekota bodyguard 'abducted'
Motlanthe 'not against probe'
Gister se gewildste Artikels
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Tito doen die regte ding
Swakker wêreldgroei kan SA swaar tref
JSE leef swaar
Rentekoerse bly onveranderd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Verskuilde klousules kry ’n opstopper
30/06/2008 21:43  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Suid-Afrikaanse verbruikers word daagliks met uitsluitingsklousules gekonfronteer.

Laat iemand sy motorvoertuig in ’n parkeergarage, kondig ’n bordjie aan dat hy dit op eie risiko doen. Laat sy haar knie opereer, teken sy ’n vrywaringsvorm wat die hospitaal en die betrokke medici van alle aanspreeklikheid kwytskeld. En toe mnr. Paul Lopez sy mooi nuwe Chrysler Jeep Cherokee op 23 Julie 2003 afgegee het by Mercurius Motors in Boksburg vir ’n diens en die installering van soekligte, het hy ook so ’n vrywaringsvorm geteken.

Hoewel dit tegnies nie eintlik Lopez se eie kar was nie omdat hy dit kragtens ’n langtermynkontrak van DaimlerChrysler Suid-Afrika gehuur het, was hy uiteraard baie ontsteld toe hy die volgende oggend deur Mercurius Motors ingelig is dat die slot aan die werkwinkel se hek in die nag oopgebreek is nadat die veiligheidswagte oorweldig is.

Boewe het hulle met sy pragtige viertrekwa uit die voete gemaak. Volgens sy kontrak met DaimlerChrysler was die risiko vir die verlies immers by Lopez as ekonomiese “eienaar” van die Jeep.

Die Jeep was die inbrekers se enigste buit, waarskynlik omdat die werkwinkel nie die voorgeskrewe praktyk gevolg het om die sleutels behoorlik oornag in die brandkas weg te sluit nie.

Ten spyte van die satellietopsporingstelsel in die Jeep is dit nooit teruggevind nie. Mercurius het ses maande lank ’n ander motorkar aan mev. Lopez geleen. Uiteindelik ontken Mercurius egter, met beroep op die gebruiklike uitsluitingsklousules wat mnr. Lopez onderteken het, alle verantwoordelikheid vir die verlies van die Jeep.

Die geskil eindig in die Johannesburgse hooggeregshof, waar regter Z.L.L. Tshiqi ten gunste van die Lopez-egpaar beslis en die bedrag van R245 000 plus rente as skadevergoeding (en regskoste) aan hulle toeken.

Einde Maart vanjaar bevestig die volbank van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein by monde van appèlregter A.J. Navsa die uitspraak teen Mercurius. Die appèlhof se uitspraak toon mooi hoe ons regspraak ál meer neig om verbruikers te beskerm deur die vroeëre onverbiddelike handhawing van die beginsel Pacta sunt servanda (ooreenkomste moet nagekom word) te versag.

’n Kontrak, soos die vrywaringsooreenkoms tussen Mercurius en Lopez, sal nie meer noodwendig onder alle omstandighede deur ons howe opgedwing word nie, al verg dit ook soms vernuftige uitlegwerk deur die hof.

In hierdie geval word Lopez beskerm deur die presiese voorkoms en bewoording van die kontrakvorm wat hy met die afgee van sy Jeep aan die werkwinkel onderteken het, soos miljoene motoriste jaarliks doen, onder die loep te neem.

So ’n kontrak is een van bewaargewing (depositum), wat die garage (die bewaarnemer) onder meer verplig om redelike sorg met die veilige bewaring van die voertuig aan die dag te lê.

Doen hy dit nie weens sy opset of nalatigheid, is hy vir skadevergoeding aanspreeklik. Teen hierdie aanspreeklikheid het Mercurius hom probeer dek deur verskeie vrywaringsklousules in die kontrak wat Lopez onderteken het.

Lopez beweer dat die vrywaringsklousules in werklikheid nie deel van die kontrak tussen hom en Mercurius was nie omdat die voorkoms daarvan misleidend en onduidelik was en die vrywaring nie onder sy aandag gebring is nie. Op grond van die beginsel caveat subscriptor (die ondertekenaar moet oppas) berus die bewyslas in hierdie verband op Lopez.

Die appèlhof bekyk die altesaam drie vrywarings op die betrokke dokument en bevind dat twee van hulle niks met diefstal van voertuie te doen het nie, maar gaan oor onderskeidelik die diefstal van voorwerpe uit die voertuie en toetsritte met ’n voertuig deur die garage.

Die eintlik relevante een verskyn op die agterkant van die vorm as deel van die algemene kontrakterme. Langs die stippellyn vir sy handtekening op die voorkant word die kliënt gevra om deur ondertekening te bevestig dat hy “die kontrakvoorwaardes op die keersy gelees en sulke voorwaardes aanvaar het”. Om die “voorwaardes” te sien, moet die leser eers ’n deurslagkopie van die vorm afskeur en dan die agterkant van die eerste bladsy bekyk. Paragraaf 5 daarvan lui in vertaling soos volg: “Ek/ons erken dat Mercurius nie op enige wyse hoegenaamd aanspreeklik of verantwoordelik sal wees vir enige verlies of skade gely deur brand en/of inbraak en/of onwettige handelinge (insluitende growwe nalatigheid) deur sy verteenwoordigers, agente of werknemers nie”.

Daar word waarskynlik miljoene soortgelyke bepalings jaarliks in Suid-Afrika onderteken.

In sy uitspraak verwoord regter Navsa die volgende sleutelbeginsel. ’n Klousule soos dié in paragraaf 5 wat die wesenlike kern van ’n bewaargewingskontrak ondergrawe, moet op ’n duidelike en gepaste wyse (“clearly and pertinently”) onder die aandag van die kliënt wat so ’n standaardkontrak onderteken, gebring word. Dit mag nie gedoen word bloot deur ’n onopvallende en kwalik leesbare klousule wat na die terme op die keersy van die betrokke bladsy verwys nie. Hiermee sluit die regter hom aan by die benadering van professore Gerhard Lubbe en Tjakie Naudé van die Stellenbosse regsfakulteit in ’n belangrike regsartikel in 2005.

Omdat die vrywaring dus nie deel van die werklike ooreenkoms tussen Lopez en Mercurius uitgemaak het nie en omdat Mercurius duidelik nalatig met die Jeep se sleutels was, word regter Tshiqi se uitspraak bevestig.

Sakeondernemings, soos herstelplekke van enige aard, wat sulke standaardkontrakte met vrywaringsklousules gebruik, behoort dus baie goed na die voorkoms en bewoording daarvan te gaan kyk. Die hele vorm sal herontwerp moet word om die vrywaring duidelik leesbaar en opvallend te maak. Dieselfde geld vir die tipiese weggesteekte bordjies wat kliënte op persele op “hulle eie risiko” plaas. En dan is die huidige wetsontwerp op verbruikersbeskerming wat nog veel skerper bepalings bevat, nog nie eens op die wetboek nie.

- Prof. Van Wyk, ’n regsgeleerde, is ’n oud-rektor van die Universiteit van Stellenbosch. Hy ry met ’n Jeep Cherokee.

>> ’n Klousule wat die kern van ’n bewaargewingskontrak ondergrawe, moet duidelik onder die aandag van die kliënt gebring word. Dit mag nie kwalik leesbaar iewers versteek word nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae