Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Kunsdiefstal kry al meer 'n losprys
28/08/2008 06:18  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Diefstal het alledaags geword in Suid-Afrika.

Iemand breek in ’n blyplek of kantoor in en steel die waardevolste items wat uitgedra kan word. Of jou voertuig word gesteel terwyl jy uiteet of fliek.

“Dít gebeur maar,” dink baie mense teen dié tyd al.

Die individu troos hom daaraan dat hy nie tydens die diefstal in die blyplek, kantoor of motor was nie. Want wie weet wat dán sou gebeur het.

Kunsdiefstal is egter ’n perd van ’n ander kleur.

Dit word dikwels gepleeg met die doel om die item in die sluikhandel te verkoop. Maar jy kan nie ’n kunswerk wat die hele wêreld weet gesteel is, in die openbaar ten toon stel sonder om in die moeilikheid te beland nie. Gevolglik is dié kunswerk minstens vir ’n lang ruk verlore vir die mensdom – én kan diewe nie weer geld daaruit maak nie.

Kuns word gevolglik al hoe meer eerder vir ’n losprys gesteel.

Die waarde van Suid-Afrikaanse kunswerke neem toe, en dus ook hul potensiële waarde vir diewe.

Wat keer iemand om ’n Maggie Loubser of ’n Gerard Sekoto van ’n muur af te haal, dit in die sluikhandel te verkoop, of om miljoene in ruil daarvoor te eis?

Een van die mees onlangse gevalle van kunsdiefstal het verlede maand in Swede gebeur. Ses werke is in die vroeë oggendure uit die Lasse Aaberg-museum naby Stockholm gesteel. Onder dié buit is twee werke deur Andy Warhol en drie deur Roy Lichtenstein, meesters van pop-kuns.

Dié werke word as “minder waardevol” beskryf – die gesamentlike waarde word op sowat $500 000 geskat en sommige internasionale berigte beskryf dit as “ongelukkig” vir die diewe.

“Ons glo die skilderye is vir ’n losprys gesteel,” is die verklaring van mnr. Gordon Massie, besturende direkteur van die firma Artinsure, wat deur Hollard onderskryf word, vir dié diefstal. Die kunswerke is steeds skoonveld.

Dieselfde het vanjaar in Zürich en in S?Paolo gebeur. “Daar is nie ’n alternatiewe mark beskikbaar waar dié werke verkoop kan word nie. Dit kom gewoonlik terug of kan weer opgespoor word,” sê hy. Daarom is daar nie juis ’n ander beloning as ’n losprys vir die diewe nie.

Diewe wat vasgetrek word, kom nie lig daarvan af nie. ‘Die Gil’ deur Europese skilder Edvard Munch, bekend om sy ekspressionistiese werke, is in 2004 gesteel. Dié kunswerk is twee jaar later, in Augustus 2006, gevind. Die drie skuldiges is elk nege en ’n half jaar tronkstraf plus ’n boete van sowat R185 000 opgelê.

‘Die Gil’ sal egter nooit weer dieselfde wees nie. Dié skildery waarvan die waarde op sowat $75 miljoen (sowat R576 miljoen) geskat is, moes intensief gerestoureer word.

Een van die bekendste Suid-Afrikaanse diefstalle is vir seker die Pierneef wat uit die SAUK-versameling gesteel is.

“Ek het steeds geen idee waarom hy dit gesteel het nie,” sê me. Kula Xinisteris, kurator van die SAUK-kunsversameling oor die diefstal deur die 43-jarige David Urbasch.

Urbasch is vir agt jaar tronk toe gestuur. Hy kom uit ’n welgestelde Britse familie, maar het volgens berigte sy erfgeld opgebruik.

Op 16 Mei 2005 is hy na die 15e verdieping van die SAUK-gebou in Auckland Park. Hy het die skildery ‘Naby Golden Gate’ met ’n mes uit sy raam gesny, maar was te kort om bo uit te kom en die boonste derde van die kunswerk is agtergelaat.

“Só iets trek die aandag,” sê Xinisteris. Die media berig oor die diefstal en die waarde van die betrokke kunstenaar se werk. Wanneer eienaars van dié kunstenaar se skilderye dit dan verkoop, haal dit hoër pryse.

Die Pierneef was aanvanklik R2,5 miljoen werd, maar ten tyde van die hofsaak in 2006 is sy versekeringswaarde op tussen R4 miljoen en R5 miljoen gereken.

Urbasch het die deel van die skildery wat hy gehad het, verder in 2 verdeel en dit ’n paar maande ná die diefstal verbrand. Dié 2 dele kon vir sowat R500 000 verkoop word, is in die hof aangevoer.

Mnr. Clive Kellner, direkteur van die Johannesburgse Kunsmuseum, sê dit is onwaarskynlik dat die verskynsel van kunsdiefstal, veral vir ’n losprys, wydverspreid in Suid-Afrika sal posvat. Dit is egter nie onmoontlik nie. “Dié soort diefstal is gewoonlik vir kunswerke van baie groot waarde. In Suid-Afrika dink ons R2 miljoen of R3 miljoen is baie; dit is egter werke ter waarde van R16 miljoen of R18 miljoen wat vir ’n losprys gesteel word.”

Museums met sulke waardevolle kunswerke het gewoonlik versekering wat eise binne ’n week sal uitbetaal. Só word die diewe van hul geld verseker. “Dít is waarom dit werk,” sê Kellner.

Kunsdiefstal is ook baie meer algemeen in die VSA en Europa, vertel hy.

Daar is baie meer museums en ’n groter verskeidenheid van waardevolle werke wat gesteel kan word. Kunsdiewe pas ’n spesifieke demografie en dié individue kom meer algemeen in Europa en die VSA voor.

“Museums loop die grootste gevaar,” sê Kellner.

Die tipiese Kaaps-Hollandse deure wat algemeen by Suid-Afrikaanse museums gesien word, bied volgens Massie nie baie beskerming teen booswigte nie. Daarby het die museums selde die infrastruktuur om baie duur sekuriteit te bekostig.

“Museums sukkel regoor die wêreld met baie klein begrotings. Hulle besef dat hulle die land se skatte moet beskerm, maar kan nie altyd die beste veiligheid bekostig nie.

“Mense sê maklik misdadigers hier pleeg nie súlke tipe diefstal nie,” sê Massie.

Hy stem egter nie saam nie.

Dié oorsese gevalle moet plaaslik as ’n waarskuwing beskou word en dit is tyd dat die regte voorsorgmaatreëls teen kunsdiefstal getref word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae