Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Annan, Carter refused entry into Zimbabwe
IEC considers expat vote request
Private school for Malia, Sasha
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Beter skole is ANC se morele plig
28/08/2008 06:18  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Willem Landman

Skoolonderrig in Suid-Afrika is in ’n diep krisis. Dit het nouliks enige betoog nodig, want die getuienis, van allerlei aard, is oorweldigend.

Waarom is dit so belangrik dat dit reggeruk word?

Sedert 1994 is dit ons kollektiewe en oorheersende morele projek om ’n goeie samelewing te bou, een wat op twee grondwaardes gebou is, naamlik vryheid en gelykheid.

Eerstens, vryheid is ons vermoë om moontlikhede vir onsself te voorsien én te verwesenlik. Vryheid is die ontwikkeling van ons menslike po?ten- ?siaal. Sien ek myself as programmeerder of messelaar? En kan ek my keuse uitleef?

Vryheid vereis van die maatskaplike orde dat bemagtigende voorwaardes vir ontwikkeling ingestel is en dat belemmerings verwyder word. Sonder materiële goedere, onderwys, gesondheidsorg, veiligheid en sekuriteit, of politieke mag word ons menslike potensiaal gekniehalter en is ons ongenoegsaam vry.

Tweedens, gelykheid – of geregtigheid – beteken dat hierdie gemeenskapsvoorwaardes vir menslike ontwikkeling vir almal op ’n regverdige wyse toeganklik is. Gelykheid be?teken nie identiese uitkomste soos rykdom nie, maar ewe?redige kanse vir ontwikkeling.

Kortom, die goeie same?lewing stel die voorwaardes vir die ontwikkeling van menslike potensiaal in. Onderwys is sekerlik die belangrikste hiervan.

Diere is fisiologies en verstandelik gespesialiseerd om byvoorbeeld te jag of te wei. In kontras met die dier se klou of hoef staan die mens se hand letterlik oop vir enigiets. Die troffel, pen of rekenaar word die verlengstuk van die menslike hand en verstand.

Maar gemeet aan die gehalte van ons skole, veral in swart en arm gemeenskappe, is dit asof ons politici en amptenary onverskillig staan teenoor die elementêre, maar diepgaande waarheid dat ontwikkeling van potensiaal onder?wys van gehalte verg.

Ná byna 15 jaar van ANC-regering is die tragedie dat vordering op onderwysgebied voortaan gemeet sal moet word aan die mate waarin die ANC van sy eíe erflating, eerder as dié van apartheid, bevry word.

Sedert 1994 kon ’n hele geslag jong mense slegs ’n fraksie van hul potensiaal ontwikkel. Dit gaan nog jare by ons bly spook.

In geletterdheid en wiskunde is ons ver agter ontwikkelende lande én die meeste Afrika-lande. In 2003 het ’n swart skoolkind slegs ’n 28%-kans gestaan om graad 12 te slaag. Terwyl wit kinders in 2003 ’n kans van een uit tien gehad het om ’n A-gemiddelde te kry, kon slegs een uit 1 000 swart kinders dit vermag.

’n Skokkende erkenning van die depressiewe toestand van ons skole is dat die sakevrou me. Wendy Luhabe en die akademikus dr. Mamphela Ramphele sê dat “Bantoe-onderwys” onder apartheid hulle beter toegerus het as wat daardie selfde township-skole kinders wat in vryheid gebore is, tans toerus.

Kortom, dis die ANC wat die waardes van sy eie vryheidstryd verloën het en moet “transformeer” om die belange van gewone mense te dien.

Wat moet – en kan – ons aan hierdie onreg van ontmagtiging en gebrek aan ontwikkeling doen? Hoe kan ons kinders weer laat spel en tel?

Verskeie instansies moet by die oplossing betrek word, maar een ding is seker: Onderwysers moet weer klas gee. Soos prof. Jonathan Jansen dit stel: Ons het weer rolmodelle nodig soos die middeljarige wit vroue wat die toonbeeld van toewyding was.

Die regering moet leiding neem, maar ophou peuter met skole wat werk. Bemoedigend is dat die ANC onlangs ’n veldtog geloods het om gehalte-onderwys vir almal ’n nasionale prioriteit te maak.

Dit ontbreek egter nog aan praktiese inhoud.

Enige oplossing verg helder en gesamentlike denke oor al die faktore wat gehalte-onderwys belemmer, binne en buite skole.

Onlangse navorsing deur die Etiek-instituut dui daarop dat geweld in die gemeenskap, geweld en afknouery in skole, diefstal in skole, dwelms, en tienerswangerskappe die grootste struikelblokke in die pad van waarde-onderrig in skole is.

Swart respondente ervaar hierdie sosio-ekonomiese faktore drasties erger as hul wit kollegas. Beduidend is dat wit én swart respondente rassisme as veel minder van ’n kwessie sien.

Wat ook al die oplossing, onderwysers se professionaliteit en toewyding is ononderhandelbaar. Gevalle van onderwysers wat geen behae daarin het om hul vaardighede te verbeter nie, wat in sjebiens rondlê gedurende skooltyd of gewoon nie by die skool opdaag nie, wat leerlinge toegangsgeld vra om rekenaarsentrums te gebruik, of wat seks met hul leerlinge het, is tog totaal buite orde.

Leierskap deur skoolhoofde is onontbeerlik. Daar is pragtige voorbeelde van skole wat eilande van uitnemendheid te midde van ’n see van armoede en geweld is.

Dis byna altyd ’n geval van ’n skoolhoof wat as leier na vore tree, grense vir aanvaarbare gedrag vasstel én afdwing, en aktiewe samewerking en die gemeenskap se ondersteuning kry. En hul leerlinge slaag.

Kortom, die ANC het ’n morele plig om ’n koalisie met die private sektor, burgerlike samelewing en plaaslike gemeenskappe te vorm om ons meer as 20 000 disfunksionele skole te red en ons kinders se potensiaal te ontwikkel.

Misluk dit, is ’n verloornasie ons voorland.

  • Dr. Landman is uitvoerende hoof van die Etiek-instituut van Suid-Afrika en buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch.

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  •   Maak Sake24 my tuisblad
      Gebruiksooreenkoms

    Vind
      Versekering
      Top Afrikaanse boeke
      Werksgeleent- hede
      Motor & Huis Versekering

    VERSEKERING


    Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

    Vind jou ou
    skoolvriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

     ONS BEVEEL AAN

    Fire water: South African brandy
    Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




    Terug na bo
    Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae