Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Slim sake oorbrug IT-gaping tussen oud en jonk
05/09/2008 08:55  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die koms van die IT-era het waarskynlik die grootste generasiegaping in die geskiedenis van die mensdom veroorsaak en dit is in dié “grys” gebied tussen jonk en oud waar ontluikende entrepreneurs na geleenthede moet soek.

So sê mnr. Sheraan Amod (22), ’n IKT-entrepreneur en -strateeg. Hy was een van die sprekers in ’n werksessie wat deur dr. Retha Scheepers van die Universiteit van Stellenbosch se departement van ondernemingsbestuur op die Somerbosch-wynlandgoed vir studente in korpo?ratiewe pro?jek?ontwikke- ling aangebied is.

Amod sê programmatuur soos Web 2.0 is besig om die internet-wêreld te verander en blogs word die nuwe joernalistiek.

Boonop werk vandag se jeug (diegene tussen 15 en 24 jaar oud) anders saam as lede van die ouer generasies en gaan hulle anders te werk om inligting op te spoor. Hulle is ook gewoond daaraan om deursigtige lewens te lei. Na skatting bestee die jong generasie minstens 30 minute per dag op die internet-gesels?webwerf Facebook en ’n derde van die tyd wat hulle daagliks aanlyn bestee, het te doen met sulke sosiale netwerke.

G’n wonder nie. Daar is al 13 miljoen mense wat Facebook gebruik en elke dag sluit nog 250 000 hulle aan. Daar is selfs al aanlyn sosiale netwerke vir kinders van net vyf jaar oud.

“Onthou, oor ’n paar jaar gaan werkers met gespesialiseerde kennis uit die jong generasie moet kom. Ek weet byvoorbeeld van ’n groot internasionale maatskappy wat opgehou het om werkers op die ou tradisionele wyses te werf. Hy gebruik nou net Facebook vir werwing,” sê Amod.

Hy het verwys na ’n meningspeiling wat deur The Guardian gepubliseer is en waarin bevind is dat 6% van die jeug in Brittanje sê hulle kan nie meer sonder ’n selfoon klaarkom nie en 84% sê hulle kan nie sonder ’n rekenaar klaarkom nie. Hulle vind dit frustrerend as werkgewers hul toegang tot aanlyn sosiale netwerke verbied en 39% het gesê hulle sal bedank as hulle nie toegang tot Facebook by die werk mag hê nie.

Amod sê ironies genoeg het ’n ander meningspeiling, dié keer onder senior bestuurders van maatskappye, getoon hulle vind die nuwe geslag jong mense die moeilikste nóg om te bestuur.

“Ondernemings moet kan aanpas by die jong generasie en sy kultuur. Die sakewêreld gaan ’n onbekende toekoms in. Dis tyd om vinnig te kan dink, dinge vinnig te kan aanleer en weer te kan afleer. Ons as jong mense is baie goed daarmee,” sê Amod.

Daarom meen hy die oplossing lê juis in samewerking tussen die ouer en jonger garde.

Mnr. Van der Spuy Brink, fasiliteerder van die werksessie, het hom by Amod aangesluit en gesê dit baat jou in vandag se mededingende sakewêreld om kreatief te wees. Kreatiewe mense soek voortdurend geleenthede. Hulle is verdraagsaam, aanpasbaar, waag risiko’s, is gemotiveerd, toegewyd, ervare en sensitief teenoor probleme wat kan opduik. “Onthou Darwin het gesê dit is nie die sterkste of die slimste wat oorleef nie, maar die een wat die vinnigste by verandering kan aanpas,” het Brink beklemtoon.

As deel van die werksessie moes die studente – insluitend ’n aantal internasionale studente – gesels oor hul wense en vrese vir die toekoms. Hulle is bang hulle sal nie vervulling in hul lewe kan verkry nie. Hulle wonder of hulle die vermoë het om te slaag in die hedendaagse wêreld en hoop hulle sal goeie mentors kan kry om hulle te help.

Die jongklomp sit met vrae soos of hulle Suid-Afrika moet verlaat en wat die toekoms van die land vir hul gesinne inhou. Hier wek veral die misdaad in die land kommer.

Mnr. Codrin Kruijne, ’n jong entrepreneur en dosent uit Utrecht, het aan die studente vertel inligtingstegnologie (IT) is die mensdom se nuutste speelding en entrepreneurs moet hulle afvra hoe hulle dit tot hul eie voordeel kan gebruik.

“Dinge raak kleiner, vinniger en goedkoper en die internet verbind mense met mekaar. IT is dus ’n middel om ons te help om dinge te verbeel wat ons nooit voorheen sou dink moontlik kon wees nie,” het hy gesê.

Areas waar ontluikende jong entrepreneurs volgens hom gerus na geleenthede kan soek, sluit in dienslewering en omgewingskwessies. “Onthou, alle vrese moet beskou word as geleenthede,” het hy gesê. “Om van ’n vrees ’n geleentheid te maak lei tot goeie besigheid.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae