Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Hebsug en gierigheid is hoofrede vir wêreldkrisis
13/10/2008 09:09  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Leopold Scholtz


Ons ken almal die verskynsel wat posvat wanneer ’n woedende beer op jou hakke is: ’n Verlammende vrees pak jou beet. Erger nog, jy raak in totale paniek.

By sulke tye vlieg rasionele denke by die venster uit. Jou oorlewingsinstink neem oor en jy handel outomaties. Jy hardloop na die naaste jong boompie en spring in, sonder om te sien dat die arme ou stammetjie gaan knak en jou aan die bloeddorstige beer se kake uitlewer. Pleks van dat jy na die stewige boom ’n paar meter verder gehardloop het – maar jou verstand het gaan stilstaan.

Dít is wat die afgelope week of wat op die markte gebeur het. Logiese denke is verruil vir paniek en instink. Mense het in hul miljoene van hul aandele ontslae geraak, en in die proses die probleem tienvoudig vererger.

Sedert die kredietkrisis sowat ’n jaar gelede in die VSA begin het, het dit stadig maar seker erger geword, en die laaste week of twee in ’n woedende tsoenami ontaard wat alles voor hom weggespoel het. Regerings het wanhopig keerwalle – wat in normale omstandighede selfs buitengewoon drasties genoem sou word – probeer gooi, maar hulle is die een ná die ander platgevee.

Joachim Goldberg, skrywer van Behavioral Finance (hy noem homself ’n “beurspsigoloog”), het in die Duitse finansiële dagblad Handelsblatt op ’n waarheid gewys wat in dié dae algemeen verkondig is, naamlik dat die angs en paniek op ’n gebrek aan vertroue gegrond is. Vertroue is die fondament waarop die globale finansiële stelsel berus. As dit weg is, kry jy die soort paniek soos tans. “Paniek ontstaan wanneer die mense meen hulle verloor beheer oor die toestand . . . In só ’n situasie help nóg mooi woorde, nóg mooi dade. Die rentekoersverlaging, wat eintlik ’n positiewe sein moes uitstuur, is dus verspil.”

Goldberg het ’n baie interessante oplossing – as ’n mens énige maatreël in dié stadium as ’n “oplossing” mag beskryf.

“Die mark benodig tyd. Ons moet die beheer herstel deur deursigtigheid en aanvullende inligting. Dit gaan ’n tyd duur. Ek sou daarvoor wou pleit om die beurse in die komende weke wêreldwyd te sluit.”

Dis die radikaalste voorstel wat ek nog oor die krisis gelees het. Maar dit maak sin. Met paniekerige mense kan jy nie rasioneel redeneer nie. Dus, sluit die beurse inderdaad (dit het trouens reeds in onder meer Djakarta, Moskou en Wenen gebeur), en gee die markte genoeg tyd sodat die paniek kan bedaar en mense weer rasionele besluite kan neem.

Maar dit kan slegs ’n eerste stap wees. Die krisis is só erg dat onkonvensionele denke nodig gaan wees.

Wat lê ten grondslag van die krisis? Simplisties gestel, hebsug en gierigheid. ’n Begeerte om met min werk ryk te word, pleks van om jou brood elke dag in die sweet van jou aanskyn te verdien.

Om maar ’n voorbeeld te noem: Fortis het baie van sy aandeelhouers oorgehaal om geld te leen om ’n spesiale aanbod – aandele teen ?15 per stuk – te finansier. Hulle kon die lenings dan met die dividend-opbrengs terugbetaal. En kyk waar sit daardie arme mense nou. Geruïneer omdat hulle te gulsig was.

Op groter skaal wou die Fortis-base ’n “vinnige wins” verdien deur ABN-Amro voor die neus van Barclays weg te raap. In hul gulsige gretigheid het hulle te veel betaal, en nou sit hulle met die gebakte pere.

Dieselfde geld die Amerikaanse banke en bougenootskappe wat veels te wild en onverstandig geld uitgeleen het, en vir die motornywerheid, wat met té maklike kredietreëls ’n opgeblaasde mark geskep het. Dit was ’n borrel wat die een of ander tyd moes bars.

Nog ’n probleem wat vorentoe ongetwyfeld sy kop gaan uitsteek, is die reuse-staatskuld wat veral die VSA met steeds groter jaarlikse begrotingstekorte aangegaan het. Jy kan nie onbepaald voortgaan om geld te bestee wat jy nie het nie. Dáárdie krisis wag nog.

Enige volhoubare oplossing moet dit moeiliker maak vir mense om hul gulsigheid te laat botvier. Veel strenger reëls is nodig, en die staat sal daaroor toesig moet hou.

En moenie skree dat dit ’n sosialistiese oplossing is nie. Ek het ’n broertjie dood aan mense wat ideologies rigied na ’n saak kyk, maak nie saak of dit die kapitalisme, die sosialisme, apartheid of ouma se appeltert is nie. Gebruik tog maar net jou gesonde verstand.

’n Goeie voorbeeld van ’n maatskappy wat deur sy versigtige en verstandige benadering groot sukses behaal het, was die ou Nasionale Pers. Ek het in dié maatskappy grootgeword met sy stapvoetse benadering van finansiële dissipline en ’n weersin aan spektakulêre dade. Ja, dit was nie so “sexy” soos die manne wat met asemrowende snelheid uitbrei nie. Maar dit het ’n haas onverwoesbare fondament vir die huidige Naspers geskep.

Maar wat moet die gemiddelde aandeelhouer intussen doen terwyl alles rondom hom ineenstort? Ek kan maar net die raad herhaal van Matthias Eberle in die Handelsblatt verlede Vrydag:

“ ’n Blik in die geskiedenisboeke leer dat beurse ná ’n skok sowat twee maande benodig totdat hulle stabiliseer. Tot dan geld dié leuse: Oë toe en uithou – en moenie in paniek verval nie. Dít is, soos bekend, die slegste raadgewer.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae