Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Rubrieke : RUBRIEKE : STORIE
 
Kredietkrisis knyp Ysland blou
15/10/2008 00:58  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Kan ’n staat bankrot speel, nes ’n private maatskappy?

Ja, dit het pas gebeur.

Ysland is nog nie amptelik bankrot verklaar nie, maar almal weet dit is die geval.

Met sy 320 000 inwoners – ’n breukdeel van die getal mense wat in Johannesburg of Kaapstad woon – het Ysland voor die jongste krisis ’n bruto binnelandse produk van sowat €12 miljard gehad.

Die land se grootste vier banke, wat verlede week almal genasionaliseer is, se buitelandse skuld is saam meer as €90 miljard.

In enige taal is dit bankrot.

Dit is nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.

Argentinië en Thailand ken ook van bankrot wees – en die jare lange moeite, swaarkry en ellende om weer solvent te word.

Ysland is in die jaar 920 vir die eerste keer deur die Vikings uit Denemarke gekoloniseer. Eeue lank het hulle ’n geïsoleerde bestaan gelei, hul bestaan hoofsaaklik uit visvang gemaak en – vir die ore van die ander Skandinawiese volke – ’n eienaardige antieke soort taal gepraat.

Onafhanklik, selfs dwars, maar materieel met ’n eenvoudige, eerlike en hardwerkende bestaan, ’n gesonde dieet en genoeg vars lug.

Dit het alles in die vroeë 1990’s verander.

Terwyl die Russiese ekonomie in vryval was, het ’n Yslandse sakeman daar begin belê en met die winste ekonomiese vooruitgang in sy vaderland begin bewerkstellig.

Die laaste paar jaar het dit soos ’n missiel die hoogte in geskiet.

Die deursnee-gesin se inkomste het die afgelope vyf jaar met 45% toegeneem.

Selfs kelners en sekretaresses het geld geleen om op die aandelemark te spekuleer.

Danksy ’n hoë rentekoers het ook honderdduisende Europeërs in die nuwe Yslandse banke belê en veel meer wins as tuis gemaak.

Dié nuutgevonde welvaart het die Yslanders al hoe meer uitspattig laat leef, met lang slap motors in die strate en groot paleise wat oral opgeskiet het.

Die ouer Yslanders het niks van die jong klomp se materialisme gehou nie en gewaarsku dat dit sleg sal eindig, maar nouja, al ooit gehoor van ’n jong man of vrou met ’n sak vol geld wat na sy pa of ma luister?

Totdat die bankkrisis die banke laat omval het.

Oornag is dié rykdom uitgewis. Reykjavik, die Yslandse hoofstad, lyk glo soos ’n begraafplaas.

Niemand kan bekostig om nog in viertrekvoertuie of Mercedes-Benze rond te ry of in duur restaurante te gaan eet nie.

Die aandelebeurs is gesluit en internasionale geldvloei het opgedroog.

Die Yslandse kroon val teenoor die euro asof hy betaal word.

Ysland is opeens die wêreld se muishond, want al daardie Europese spaarders wat hul geld verloor het, is kiesers – en politici wil nou eenmaal herkies word.

En dus skel al wat ’n Europese politikus is, op die Yslanders se gierigheid en onverstandige bankpraktyke.

Die Britse regering het selfs terreurwetgewing misbruik om Yslandse bates in Brittanje te bevries.

Europese afvaardigings drom in Reykjavik saam om aan die Yslandse regering voor te skryf wat hy moet doen.

Die Yslandse regering het intussen voelers na Rusland uitgesteek.

Met al die miljarde wat daar rondlê, en die Russiese banke wat minder deur die krisis aangetas is, kan dié dalk help.

Nog ’n moontlikheid wat tans aktief bespreek word, is dat die Internasionale Monetêre Fonds inspring.

Op langer termyn wil die fel onafhanklike Yslanders, wat eers niks van die Europese Unie wou weet nie, skielik lid word.

Hulle wil selfs hul eie geldeenheid, die kroon, wegsmyt in ruil vir die euro.

Intussen, soos Roger Boyes in die Londense Times skryf, “keer Ysland na die eenvoudigheid terug”.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae