Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6800 Rand/£: 15.2400 Rand/€: 12.0300 Gold $/oz: 927.40 Platinum $/oz: 1710.00 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Warm Nuus : WARM NUUS : STORIE
 
Oliepryse looi SAL
13/05/2008 14:02  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Hoër oliepryse en die wisselvallige rand gaan weer vanjaar voorkom dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) ’n wins toon.

Dit volg op die omvattende omkeerstrategie die afgelope boekjaar waarin 2 000 werkers die diens van SAL verlaat het en verskeie vliegtuie verkoop is.

Mnr. Khaya Ngquka, uitvoerende hoof, het gister op ’n perskonferensie by die SAL-hoofkantoor naby die O.R. Tambo-lughawe gesê goeie vordering is gemaak om die SAL winsgewend te maak, maar nuwe uitdagings het ontstaan.

“Dit is onwaarskynlik dat ons die beoogde winsmarge van 7,5% sal bereik,” het hy gesê.

SAL het in die finansiële jaar tot einde Maart 2007 ’n verlies van R603 miljoen gelei. ’n Ooreenkoms is daarna met vakbonde aangegaan om die lugdiens beduidend om te swaai.

Tot op datum het 235 bestuurders die SAL verlaat met 963 werkers wat vrywillig geloop het. Altesame 869 werkers het bedank, wat meebring dat die werkmag effektiewelik van 10 800 met 2 000 verminder is.

Die besparings hiermee beloop R638 miljoen met ’n verdere besparing van R600 miljoen wat in 2009 sal realiseer deurdat sommige vliegtuie nie gebruik word nie. Die verouderde 6 Boeing 747-400’s is nie meer in gebruik nie. Die eenmalige besparingskoste beloop R1,56 miljard en is in Maart verlede jaar aangekondig.

Dit was egter nie genoeg om die lugdiens weer winsgewend te maak nie aangesien hoër oliepryse ’n verdere las van R950 miljoen op die winslyn plaas. SAL se begroting die afgelope boekjaar is gebaseer op ’n gemiddelde olieprys van $65 per vat.

Dié is intussen tot gemiddeld $85 per vat aangepas. Volgens Ngqula is die jongste stygings tot meer as $120 per vat ’n “wilde kaart” wat SAL se wins verder kan inkort. Voorlopige aanduidings toon ’n winsmarge van 6,2%, maar dit kan so laag as 3% daal.

In ’n skikking met vakbonde is loonverhogings van 9% vir 2008/09 beding wat in die volgende boekjaar tot VPIX plus 1% styg en in 2010/2011 tot VPIX plus 2%.

Bestuur het ’n gemiddelde verhoging van 7% gekry.

Ngqula het beklemtoon die oogmerk is steeds om SAL winsgewend te bedryf. “Ons glo wanneer die herstrukturering in Maart 2009 afgehandel is, sal ons volhoubaar winsgewend wees.”

Stappe wat tans gedoen word om die hoë oliepryse teen te werk, sluit in ’n brandstofheffing op passasiers en die aangaan van olie- en valutaverskansingskontrakte. Tans vorm olietermynkontrakte 23% van aankope teenoor 0% verlede jaar terwyl meer as 50% van uitgawes aan valutakontrakte gekoppel is om die swakker rand teen te werk.

Die SAL werf op groot skaal weer nuwe personeel en die hoop is dat 100 tegnici van die mislukte Nationwide by SAL sal aansluit.

Mnr. Jason Krause, SAL se ontwikkelingshoof, sê SAL is voornemens om sy netwerkroetes beduidend uit te brei in afwagting op ’n groter passasiersvraag. Een van die nuwe roetes is na Maun in Botswana terwyl die roete na Moembai verder uitgebou word.

“Die oorgrote deel van ons uitbreidings sal wees na Afrika,” het hy beklemtoon.

Uit ’n strategiese oogpunt het Ngqula gesê die plan om SAL in sewe sake-eenhede te verdeel is ook steeds in plek. “Maar ons het massiewe uitdagings,” het hy gewaarsku.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae