Johannesburg. – Anglo Platinum (AngloPlat), die wêreld se grootste vervaardiger van platinum, het vandag aangekondig dat mnr. Neville Nicolau as die nuwe uitvoerende hoof aangestel is, effektief vanaf 1 Junie 2008.
Nicolau, wat ‘n 48-jarige Suid-Afrikaanse burger is, het sowat 30 jaar ervaring in die goudmynbedryf, insluitend agt jaar by AngloGold Ashanti. – Reuters