Johannesburg. – Grand Parade Investments (GPI) het vandag aangekondig dat hy op 6 Junie vanjaar op die JSE gaan noteer om sy befondsing verder te laat groei.
“Dit is al lankal die oogmerk van die raad om GPI op die JSE te noteer. Dit was egter ’n moeilike pad om GPI na die mark te bring, grotendeels te danke aan faktore buite die raad se beheer,” het die groep in ’n verklaring gesê.
Die investeringsmaatskappy besit ’n 26.41%- ekonomiesebelang en 50%-stemregte in die SunWest International-groep.
GPI het ook ’n 23%-belang in Real Africa Holdings. – Reuters