Blurb: Japan beplan om sy finansiële steun aan Afrika binne vyf jaar te verdubbel as deel van sy poging om die kontinent te help om armoede en konflikte te beveg.
Tokio. – Japan beplan om sy finansiële steun aan Afrika binne vyf jaar te verdubbel as deel van sy poging om die kontinent te help om armoede en konflikte te beveg, het die koerant The Yomiuri Shimbun vandag berig.
Premier Yasuo Fukuda sal die hulpplan aankondig wanneer Japan ‘n vergadering met Afrika-leiers hou op 28 Mei in Yokohama, suid van Tokio, het die koerant gesê.
Japan beplan om te konsentreer op die steun vir tegnologie en infrastruktuur om voedselproduksie te verhoog, veral in arm Sub-Sahara-lande.
‘n Beampte van die buitelandse ministerie het gesê Japan “oorweeg nog wat hy vir Afrika kan doen, maar daar word nog besluit presies wat”.
Japan se hulp wat toegestaan is vir Afrika beloop Y64.5 miljard ($616 miljoen) en die lenings vir die kontinent is in totaal Y68.7 miljard vir die jaar tot Maart 2008, volgens die buitelandse ministerie. – Sapa