Johannesburg. – Botswana se verbruikersprysinflasiekoers het tot 11.1% gestyg jaar-op-jaar in April van 9.8% in Maart, die hoogste maandelikse verhoging sedert Oktober, volgens amptelike syfers wat vandag bekend gemaak is.
Die Bank van Botswana het in ‘n verklaring op sy webtuiste gesê dat die verhoging te danke was aan hoër koste vir behuising, water, brandstof en elektrisiteit.
“Hierdie was die hoogste maandelikse verhoging sedert die oorkoepelende inflasie op ‘n stygende pad in Oktober 2007 beweeg het,” het die sentrale bank gesê.
Ander kommoditeitsgroepe wat verhogings getoon het, was kos en nie-alkoholiese drankies, terwyl alkoholiese drankies, tabak en huishoudelike toerusting ‘n afname getoon het.
Die Bank van Botswana het sy rentekoers bestendig gehou op 14.5% laas maand, desondanks inflasie wat wegbeweeg het van die 3% tot 6%-teiken. – Reuters