Pretoria. – Daar word verwag dat Sub-Sahara-Afrika ’n ekonomiese groei van 6.5% hierdie jaar sal toon, terwyl die gebied se inflasie 8.5% sal wees, het ’n senior beampte van die Internasionale Monetêrefonds (IMF) vandag gesê.
“Sub-Sahara-Afrika hou aan om ’n sterk groei te toon en in 2008 verwag ons ’n groeikoers van 6.5% en inflasie van 8.5%,” het mnr. Benedicte Vibe Christensen, waarnemende direkteur van die IMF se Afrika-departement, gesê.
Die Reserwebank het Dinsdag tydens ‘n twee-jaarlikse monetêrebeleidhersiening gesê dat die ekonomiese vooruitsigte positief bly, maar dat spanning in buurstate soos Zimbabwe ’n negatiewe risiko inhou.
Die Reserwebank is ook bekommerd oor inflasie in Suid-Afrika, en het ook melding gemaak van ‘n verdere monetêre verstewiging om inflasie in toom te hou.
– Reuters