Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Coega-projek kyk verder as Eskom
Die Coega-projek sal nie sy toekoms in die hande van Eskom plaas nie.
‘Olie te hoog geskat, dog sal nie tot $80 daal’
Olie is fundamenteel oorgewaardeer.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
  Maatskappye
    Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
  Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Rand at an 11-week high
Another record run for JSE
Power price: Find a compromise
Beeld
Goeie nuus oor krag
Beijing, hier kom ek!
Meisie hang haar ná ‘seun’ haar op internet afsê
News24
CT opens stadium bidding
I cried, says Oscar
Gran raped in front of kids
Wêreldnuus : WÊRELDNUUS : STORIE
 
‘VSA is in ’n resessie’
05/05/2008 13:04  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Omaha. – Mnr. Warren Buffett, die wêreld se rykste mens, het gesê die VSA is in ’n resessie. Dit is in teenstelling met ’n regeringsverslag wat swak groei toon.

Buffett het sy mening gelug op ’n nuuskonferensie ’n dag nadat ’n rekordgetal van 31 000 aandeelhouers van Berkshire Hathaway dié versekering- en beleggingsmaatskappy se jaarlikse vergadering in Omaha bygewoon het.

Die departement van handel het verlede Woensdag gesê die ekonomie se jaarlikse groeikoers in die eerste kwartaal is 0,6%. Maar Buffett het gesê die land se bevolking het ook gegroei, wat die werklike groeikoers verlaag. Hy het ook gesê dat, alhoewel inligting nie aandui dat die ekonomie inkrimp nie, mense dit kan voel.

“Die VSA is in ’n resessie soos ek dit definieer,” het Buffett gesê. “Ek definieer dit as ’n situasie waar mense nie so goed doen soos drie, ses of agt maande gelede nie en meeste ondernemings bevind hulself ook in hierdie posisie.”

Swak resultate by Berkshire-eenhede waar stene, matte en ander produkte verkoop word en wat afhanklik is van ’n gesonde huismark, het bygedra tot ’n 64%-afname in die eerste kwartaal se wins.

Behuising is steeds ’n kritieke probleem, het hy gesê, met honderdduisende huiseienaars wat hul verbandleningpaaiemente sien styg of wie se huise minder werd is as wat hulle daarop skuld.

Buffett het gesê hy het ’n brief aan mnr. Henry Paulson, minister van finansies, geskryf waarin hy voorstel dat mense wat verbandlenings aangaan, bewus gemaak moet word van die maksimumbedrae wat hulle moontlik sal moet terugbetaal.

Volgens Buffett kan die regering leners help wat mislei is oor wat hulle skuld, maar hy is gekant daarteen om mense te help net omdat hul huise se waarde verminder het, of beleggers wat verbandleningsekuriteite gekoop het sonder om die risiko daaraan verbonde te begryp.

Hy het gesê behuisingprobleme sal banke se resultate “vir ’n paar jaar” aftrek en dat die bedryf se groot verliese en afskrywings weens swak skuld “nog lank nie iets van die verlede is nie”.

“Daar gaan verseker nog baie pyn wees.”

Tog het hy gesê die Amerikaanse Federale Reserwebank se bystand wat JP Morgan Chase gehelp het om die byna bankrot Bear Stearns te koop, het die aansteeklikheid van moontlike bankstormlope op ander beleggingsbanke gekeer.

“Die idee van finansiële paniek. . . is baie goed uit die weg geruim,” het hy gesê. “Dit was ’n waterskeidingsgebeurtenis.” – Reuters

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  VSA-wet kan SA boere knak
  Joost sê sy handtekening is ‘gecopy en gepaste’
  Wetswysiging kan aftreefondse miljarde kos

Volksblad
  ‘Roofbende’ in Lesotho gevang ná Moll-moord
  ASA wil Oscar help om te kwalifiseer
  Skool mag appelleer teen beslissing



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae