Athene. – Petrolpompe in Griekeland is droog terwyl bestuurders van vragmotors wat brandstof lewer, hul week lange staking voortsit.
Duisende Grieke wag in toue buite die enkele vulstasies wat wel nog brandstof het. Meer as 80% vulstasies het glo geen brandstof meer nie.
Die vragmotorbestuurders eis ’n 13%-verhoging in die verspreidingskoste wat deur die staat gereguleer word, terwyl die regering bereid is om dit met 5% te verhoog.
Meer as 30 000 taxi-bestuurders het ook ’n staking van 24 uur onderneem en eis verhoogde tariewe weens stygende brandstofpryse. – Sapa-DPA