New York. – Hewlett-Packard sê hy gaan Electronic Data Systems (EDS) vir sowat $12,57 miljard in kontant koop in ’n poging om sy inkomste uit dienste gelewer te verdubbel en om meer met IBM te kan meeding.
Die aankoopprys van $25 per aandeel is ’n premie van 4% op die Texas-gebaseerde EDS se sluitingsprys eergister.
Die Kalifornië-gebaseerde Hewlett-Packard sê die ooreenkoms is eenparig aanvaar deur albei maatskappye se direksies. Dit sal na verwagting in die tweede helfte van vanjaar afgehandel word. – Sapa-AP