Moskou. – Brittanje se Virgin-groep het vandag sy debuut in Rusland gemaak deur ’n deurbraak in dié land se snelgroeiende internetbesigheid met Virgin Connect te maak. Dit kom nadat hy ‘n paar maande gelede groot planne vir Rusland bekend gemaak het, insluitend ‘n lugdiens teen 2010.
“Ek is verlig om Virgin se eerste besigheid in Rusland aan te kondig... Virgin Connect sal die komplekse tariewe en burokrasie in die mark oor die afgelope paar jaar vergemaklik,” het Sir Richard Branson in ‘n verklaring gesê.
Virgin Connect beplan om 10% van Rusland se breëband internetmark binne vyf jaar te besit.
Branson het vier maande gelede gesê dat hy die Russiese telekommunikasie-, internet- en selfoonmarkte “bestudeer”.
Deur met ‘n plaaslik-gestigte vennoot, Trivon AG, te werk, het Virgin gesê hy het al die lisensies verkry om die internet-onderneming in 32 Russiese gebiede en Rusland se 20 grootste stede te begin.
Branson se planne vir ‘n Russiese lugdiens, wat hy in Moskou in Januarie aangekondig het, het plaaslike ontleders tot die vraag gelei of hy homself ooreis.
Virgin het nog nie bekend gemaak hoeveel hy gaan belê in sy Russiese lugdiensplanne nie of wie sy plaaslike vennote gaan wees nie. Hy het slegs aangedui dat hy in gesprek is met verskeie plaaslike lugdienste.
Een van dié lugdienste is Sky Express, ’n plaaslike laekoste kommersiële lugdiens wat deur mnr. Boris Abramovich besit word. – Reuters