Frankfurt. – Vodafone gaan algehele beheer kry van die Duitse selfoonmaatskappy Arcor nadat minderheidsaandeelhouers ingestem het om hul belange te verkoop, het bronne vandag gesê.
Die toesighoudende raad van die Duitse spoorwegoperateur Deutsche Bahn het ingestem om sy 18.2%-belang vir sowat E330 miljoen te verkoop, volgens ‘n bron in die bedryf.
Deutsche Bahn en Deutsche Bank het geweier om kommentaar te lewer. ‘n Vodafonewoordvoerder het gesê dat die maatskappy nog altyd daarin belang gestel het om die minderheidsaandeelhouers uit te koop teen ‘n billike prys. – Reuters