Beter skole is ANC se morele plig
Skoolonderrig in SA is in 'n krisis. Dit het nouliks enige betoog nodig, want die getuienis is oorweldigend. Waarom is dit so belangrik dat dit reggeruk word?
Kunsdiefstal kry al meer 'n losprys
Diefstal het alledaags geword in SA. Kunsdiefstal is egter 'n perd van 'n ander kleur. Dit word dikwels gepleeg met die doel om die item in die sluikhandel te verkoop
Untitled Document
Rand/$: 7.6900 Rand/£: 14.0900 Rand/€: 11.3400 Gold $/oz: 830.53 Platinum $/oz: 1467.00 Platts Brent Oil: 115.09
JSE VANDAG: All Share: 28027.74 Top 40: 25921.74 FNDI 30: 23720.18 Gold Mining: 1848.40 Resource 20: 58296.29 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
    Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Sasol survives Chinese culling
SA house sales down 38%
'Rates chaos' in Johannesburg
Beeld
Gay orrelis wen saak
Lotter-moorde: broer en suster vra geld vir hul verdediging
'Het swaard gereeld geslyp'
Volksblad
ANC-kongres sleep voort
Wetgewer looi VS-rade
Vermeende dief deur betondak vermorsel
News24
'Rates chaos' in Johannesburg
Ramaphosa: Our new struggle
Mantashe: Congress must happen
Gewildste Artikels
Dié see is nog SA s’n
OMC-pantservoertuie verstom buitelandse klante steeds
Olieprys en rand kry hoogtevrees
Eikebome vs. rustende boer: 2 - 0
‘Diversifiseer na oorsese eiendom’
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Wêreldnuus : WÊRELDNUUS : STORIE
 
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
23/06/2008 23:59  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Dewald van Rensburg

Een van Zimbabwe se min oorblywende finansiële steunpilare is klaarblyklik besig om te verkrummel.

Die land kan sy toegang tot die Londense goudmark kwyt wees omdat sy goudproduksie afneem te midde van die politieke onstuimigheid.

Met die agteruitgang van die kommersiële landbousektor, is die land se talle, meestal klein, goudmyne die reserwebank van Zimbabwe se vernaamste bron van buitelandse valuta.

Die Zimbabwiese kamer van mynwese het onlangs voorspel dat goudproduksie vanjaar slegs sowat 4 000 kg sal beloop.

Verlede jaar was sy goudproduksie ongeveer 7 000 kg nadat hy in 1989 nog amper 30 000 kg goud gelewer het.

Volgens wet word alle goud aan die reserwebank se filiaal Fidelity Printers & Refiners gelewer, terwyl die mynmaatskappye ’n al groter deel van die koopprys in Zimbabwiese dollar ontvang en die regering die broodnodige Amerikaanse dollars hou nadat die goud oorsee verkoop is.

Fidelity word deur die London Bullion Market Association (LBMA) as ’n “goeie goudverskaffer” gelys en is Zimbabwe se skakel tot die internasionale goudmark.

Sy akkreditasie kan egter vanjaar verval omdat die land weer eens nie die nodige 10 000 kg goud per jaar kon lewer nie – die vernaamste vereiste vir toegang tot die LBMA.

Die LBMA sal “waarskynlik nie” ’n maatskappy só akkrediteer nie indien hy vir drie jaar nie minstens 10 000 kg se goudstawe lewer nie, sê mnr. Stewart Murray, uitvoerende hoof van die assosiasie.

Só ’n verlies van akkreditasie beteken dat die betrokke land se goud nie op die Londense mark aanvaar word nie.

“ ’n Bank mag egter steeds jou goud teen ’n korting aanvaar,” sê Murray.

Buiten Fidelity is die enigste LBMA- geakkrediteerde goudverkoper in Suider-Afrika die Suid-Afrikaanse Rand Refineries.

Mnr. Neil Harby, hoof van ontledersdienste van Rand Refineries, sê dit sou “malligheid wees” om buite die LBMA-stelsel goud te verkoop.

Hy kon nie sê hoe groot die moontlike korting sou wees nie, maar wel dat dit ’n wesenlike bedrag sou beloop.

Fidelity se monopolie op gouduitvoer is ironies genoeg die vernaamste rede vir die verval van die goudsektor aangesien mynmaatskappye nie meer genoeg buitelandse valuta ontvang om die nodige insetgoedere in te voer nie.

Buiten goud en silwer, wat ook aan Fidelity gelewer word, word feitlik alle ander minerale wat in Zimbabwe geproduseer word, deur die staatsbeheerde Mineral Marketing Corporation of Zimbabwe bemark.

Die regering wil sy houvas op die mynbousektor verder vergroot met die lank verwagte wet op verinheemsing en ekonomiese bemagtiging, wat sal vereis dat ’n 51%-belang in alle mynmaatskappye aan swart Zimbabwiërs óf die staat verkoop word.

Pres. Robert Mugabe het verlede week aangekondig dat dié wet bekragtig sal word “sodra ons die tweede ronde van die presidentsverkiesing wen”.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae