Ou Mutual steek toon in Chinese water
Ou Mutual is weer op die oornamepad, dié keer in die gesogte Chinese mark.
Adcock noteer Maandag
“Ons is baie opgewonde en vasbeslote om ons aansien in ere te herstel.”
Untitled Document
Rand/$: 7.6600 Rand/£: 14.3700 Rand/€: 11.3900 Gold $/oz: 834.15 Platinum $/oz: 1451.00 Platts Brent Oil: 115.88
JSE VANDAG: All Share: 27064.87 Top 40: 25043.91 FNDI 30: 22473.50 Gold Mining: 1769.47 Resource 20: 57268.71 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
    Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rupert remains a bear
Neotel's big catch
Oil jumps $5 on Russian tension
Beeld
Wittes wil 2010 sien faal - Pahad
Knopkieriedood oor sy maagd was
Max gaan getuig en ‘wil nou net vrede hê’
Volksblad
‘Wittes wil 2010 laat misluk’
Mandela se treë na vryheid in brons verewig
Pa sê hospitaal moet opdok oor baba se hand
News24
Girl killed for being a virgin
Boks: Deliver or be replaced
Law 'to prevent power crises'
Gewildste Artikels
Rampvrees oor SAL-tekort
Die tyd is ryp om met aandele te woeker
Inruilwaarde van motors
Ou vriend van JSE terug met nuwe saak
ENB mik met sy borgskap na die hart en siel van Afrikaans
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Wêreldnuus : WÊRELDNUUS : STORIE
 
Chinese motors, fabrieke halt vir skoner Spele-lug
05/07/2008 01:32  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Beijing. – Die owerhede in Tangshan, ’n nywerheidsgebied in die Hebei-provinsie noord van Beijing, het 267 maatskappye beveel om teen 8 Julie hul fabrieke te sluit. Dit word gedoen om die gehalte van die lug voor die Olimpiese Spele te verbeter, het die regering en ingeligtes in die nywerheidsektor gister gesê.

Onder die maatskappye is 66 staalvervaardigers, asook kooks?aanlegte, sementmaatskappye en kleiner kragverskaffers, het ’n amptenaar gesê. Hulle sal aan streng omgewingsbewaringstoetse onderwerp word voordat hulle hul produksie op ’n ongespesifiseerde datum sal kan hervat, het die ingeligtes gesê.

Dit is kleiner maatskappye en die impak van die sluiting op Hebei se staalbedryf, wat sowat 20% van China se vermoë verteenwoordig, sal nie noemenswaardig wees nie, het ontleders gesê.

Beijing, een van die stede in die wêreld wat die ergste besoedeld is, het $20,43 miljard bestee om chroniese besoedeling te bestry ter voorbereiding van die Olimpiese Spele wat op 8 Augustus begin.

Besoedeling is ’n groot bron van kommer vir talle atlete, en die Internasionale Olimpiese Komitee het gesê hy kan moontlik van die items wat uithouvermoë toets, herskeduleer om gesondheids?risiko’s te oorkom.

Van 1 Julie af sal voertuie wat nie voldoen aan streng regulasies oor kweekhuisgasvrystellings nie, in Beijing verbied word. Op 20 Julie sal Beijing ’n verkeers?beheerstelsel instel wat die drie miljoen motors op die stad se paaie sal halveer. Dit sal geskied met ’n stelsel van gelyke en ongelyke motor-registrasienommers.

Beijing se munisipale regering het in April reëls neergelê wat van nywerhede vereis om produksie ná 20 Julie te verminder of te staak.

Sommige maatskappye op die lys het reeds produksie gestaak, soos Qinchang Glass, ’n maatskappy in ’n voorstad van Beijing. “Ons sal eers ná die Olimpiese Spele produksie hervat,” het ’n werknemer van dié aanleg gesê op voorwaarde dat hy anoniem bly. – Reuters

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae