Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
    Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Wêreldnuus : WÊRELDNUUS : STORIE
 
Duitsland kondig reddingsplan aan
06/10/2008 12:10  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Berlyn. – Mnr. Peer Steinbrueck, Duitsland se minister van finansies, het ’n plan van €50 miljard goedgekeur waarmee een van die land se grootste banke gered gaan word.

Die ooreenkoms wat met private banke aangegaan is om Hypo Real Estate te help is €15 miljard meer werd as die eerste reddingspoging wat eergister in duie gestort het.

Steinbrueck het gesê hulle het ingegryp om die ineenstorting van Hypo Real Estate te keer en só “onberekenbare groot” skade aan Duitsland en finansiële diensverskaffers in Europa te voorkom.

Duitsland het vroeër ’n onbeperkte waarborg vir alle private spaargeld aangekondig. Denemarke het daarna ook sy waarborg gegee. Deense banke het vroeër deposito’s van tot 300 000 Deense krone of $55 000 gewaarborg.

Waarborge wat Ierse en Griekse regerings verlede week gegee het, is in Berlyn en ander Europese hoofstede gekritiseer.

Dié stappe het egter min sekerheid na die Asiatiese markte gebring – Tokio se Nikkei-indeks het met 4,7% tot sy laagste vlak in vier jaar gedaal.

Die onsekerheid in Europa het ook die markte in Australië, Indië en Hongkong met meer as 3% laat daal tydens die eerste verhandelingsessies nadat die VSA Vrydag die reddingspakket van $700 miljard vir sy sukkelende finansiële sektor goedgekeur het.

Die regering van Ysland het maatreëls aanvaar waarvolgens die land se banke van hul buitelandse bates moet verkoop in ’n poging om sy eie finansiële stelsel te steun.

Ysland se geldeenheid het verlede week met ’n vyfde teenoor die dollar getuimel en die regering moes die land se derde grootste bank, Glitnir, nasionaliseer.

Europese regerings is verbysterd en verbaas oor die drama in die wêreldwye bankstelsel. Mnr. Alistair Darling, die Britse minister van finansies, het gesê hy is op die punt om “groot stappe aan te kondig wat nie in normale tye gedoen sou word nie” om die Britse ekonomie te help.

Die leiers van Europa se vier grootste ekonomieë – Duitsland, Frankryk, Brittanje en Italië – het eergister byna ooreengekom op ’n soortgelyke reddingspakket vir banke as die VSA, maar het toe eerder onderneem om die markte te stabiliseer. – BBC

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae