97 Jaar sterk

2017-08-09 06:00
Corrie van Staden vier sy 97ste verjaarsdag met sy kinders en sy metgesel (van links) sy dogter, Minnie Lotering, sy metgesel, Sandy Lindsay, Corrie van Staden, sy skoonseun Jannie en sy dogter Diana Steenkamp.foto: tania sandberg

Corrie van Staden vier sy 97ste verjaarsdag met sy kinders en sy metgesel (van links) sy dogter, Minnie Lotering, sy metgesel, Sandy Lindsay, Corrie van Staden, sy skoonseun Jannie en sy dogter Diana Steenkamp.foto: tania sandberg

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GOEIE gene kan ‘n mens ver bring meen Corrie van Staden van Mooihawens wat onlangs sy 97ste verjaarsdag gevier het.  Corrie sê daar is mense in sy familie wat jonk oorlede is, maar ook wat lank gelewe het.  Sy pa is op 96 oorlede en sy groottante op 103.

Oom Corrie het die eerste vliegtuig wat die Wright Brothers ontwerp het gesien en geleef in die tyd van ‘n oorlog. 
“Ek het nooit gedink ek sou die ontwikkeling van tegnologie sien waar iemand op die maan kan land nie,” sê hy.

Hy onthou nog soos gister die Chev kar wat sy pa gery het. 
“Die kar het houtspeke gehad, ons het op Utrect gebly en eenmaal ‘n maand na New Castle gegaan om inkopies te doen.  Ons moes elke more voor ons ry, die wiele met water gooi, sodat die hout uitsit en nie ‘n vreeslike geraas maak nie en die paaie was sleg,” vertel hy.

“My suster wat vanjaar 99 is, bly in Engeland en het my gebel om my geluk te wens.  Sy klim nog op die bus elke dag dorp toe om ‘n koppie tee te geniet en winkels toe te gaan. Sy spot my omdat ek soms ‘n karretjie of “walker” gebruik, sy gebruik net die kierie,” skerts hy.

Oom Corrie en sy vrou, Dina, was 72 jaar getroud toe sy oorlede is op die ouderdom van 92. 
Die paartjie het vyf kinders, 11 kleinkinders en 19 agter kleinkinders van wie die oudste Chelsea nou 26 is en Marcel die jongste, drie maande oud is.

Oom Corrie is in die Memel-distrik in die Vrystaat gebore. Die gesin het later na Utrecht in Noord-KwaZulu-Natal verhuis en hy het daar skoolgegaan. Hy is daarna deur ‘n boukontrakteur as vakleerling opgeneem, oorspronklik as ‘n skrynwerker en het homself opgewerk tot boukontrakteur.

Een van die baie groot projekte waarby hy betrokke was is ‘n behuisingsprojek in die Oos-Kaap. 
“Daar was ‘n nuwe treinspoor van Queenstown tot by Sutherland, en weens die armoede onder blankes het die regering die behuisingsprojek vir twee dorpe van stapel gestuur. 
“Ons het blanke arbeid gebruik om brue te bou, maar toe het die oorlog uitgebreek. Die spoorweg het besluit om mense oor te stuur na Italië en blanke werkers het aangesluit as soldate en toe het ons swart arbeiders gebruik,” vertel hy.

Oom Corrie ontmoet toe sy vrou, Dina, op ‘n plaas naby Blaney. ‘n Ander groot bouprojek waarby hy toe betrokke word is om ‘n droogdok vir Brittanje te bou.
“Die dok is vernoem na Queen Elizabeth in 1978, sy was toe nog ‘n prinses, dus die ‘Princess Elixabeth Training dok’,” sê hy.

Daarna is hy toe na Durban oorgeplaas waar hy deel was van die konstruktiewe span om die ou lughawe te bou.  Hy het vir al die kontrakteurs nou verenig as Group 5 gebou.

“Ek het van die begin geglo jy moet rigting hê en jy moet jouself opbou, moenie wag op ander om dit vir jou te doen nie,” sê hy.

Die ander wysheid wat hy deel is mens is nooit te oud om te leer nie. 
“Vir my was die swaarste met my aftrede om te dink, die bietjie kennis wat ek opfedoen het met groot bouprojekte kan nie aan ander oorgedra word nie. Dit is nie boekkekennis nie, mens leer dit net deur ondervinding. Ek het altyd deur die jare ander gehelp as raadgewer.  Ek was skrynwrker, loodgieter, steenwerker en het ook planne geteken,” sê hy.

Oom Corrie het ook sy eie huise gebou, die eerste op die Bluff en 17 jaar later in Glenwood. Op die ouderdom van 61 jaar registreer hy as bouer en bou nog ‘n hele klomp huise. Hy bou sy laaste huis vir sy gesin in Carrington Heights en sit self die dak op op die rype ouderdom van 72.

Die gebou wat onlangs in Durban afgebrand het, is deur hom gebou in die 1970’s.

Oom Corrie glo daarin om ‘n bydrae te lewer in die gemeenskap waar hy bly en was baie betrokke by die Nasionale Party en ook by die plaaslike kerke.  Hy het ook onder andere die NG Kerk Durban-Wes op die Bluff gebou. 
Hy skryf sy gesondheid toe aan baie sterk geloof en ‘n gesonde eetlus vir vrugte en groente.

Hy is baie lief vir sport en het ook orrel gespeel in sy tyd. Hy het ook ‘n “jong metgesel” Sandy Lindsay. 
Hy het gereeld Lindsay en haar man met werkies by Tabor gehelp en toe Lindsay se man oorlede is, het hul vriende gebly.
Hul geniet beide om rugby te kyk en musiek te luister.

 

 

 

 

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.