Honderd jaar jonk

2015-10-14 06:00
Foto: Tania Sandberg
Tine Bogaards van Mooihawens het op 9 Oktober haar honderdste verjaarsdag gevier. By haar is haar skoonseun, Alfred en haar dogter Wenda Meijer.

Foto: Tania Sandberg Tine Bogaards van Mooihawens het op 9 Oktober haar honderdste verjaarsdag gevier. By haar is haar skoonseun, Alfred en haar dogter Wenda Meijer.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK sal niemand aanbeveel om 100 te word nie, maar ek is dankbaar dat die Here my gespaar het en sterk gehou het. Dit is die woorde van Mevrou Tine Bogaards, ‘n inwoner van Mooihawens wat op 9 Oktober haar honderdste verjaarsdag gevier het. Met haar sin vir humor is duidelik niks mee fout nie, haar verstand is nog helder en sy lyk ook baie jonger as haar jare.

“Sy het vantevore gesondheidsprobleme gehad, maar op die oomblik gaan dit goed. Sy kan net nie meer so mooi hoor nie,” sê haar dogter, Wenda Meijer.

Op die vraag hoe sy so jonk bly, sê Bogaards sy oefen altyd haar brein snags. “Ek tel somme op en dink oor dinge. Ek is lief daarvoor om die nuus te kyk en op hoogte te bly van wat in die wêreld gebeur,” vertel sy.

Tine is ‘n besondere mens en het ‘n besonderse lewensverhaal. Sy is eintlik ‘n Nederlandse nooi en het op 11 Augustus, 1952 dieselfde tyd as die Van Riebeeck-fees in die Kaapse hawe per skip aangekom. Net nege uur later het sy met Hendrik Bogaards getrou.

“My ma en pa het mekaar in Nederland ontmoet toe sy sestien was. My ma het in haar ouers se bakery gewerk en my pa, self ‘n bakker, het haar net daardie een keer gesien en moes terugkeer na Suid-Afrika. Hul het vir mekaar geskryf vir vier jaar, het my pa haar die ja-woord per brief gevra,” sê Meijer.

“My ma het ingestem per brief en dit het nege maande geneem om al haar papiere in orde te kry vir haar immigrasie na Suid-Afrika. My pa het angstig gewag vir die skeep, die Waterman om in die hawe te dok,” vertel Meijer.

’n Kaapse koerant berig: “Die Waterman het al die oggend buite die hawe gelê, terwyl die bruidegom die hele dag op die kaai moes ronddwaal. ‘n Skitterende plan het meneer Bogaards binne geskiet. Hy het ‘n klein bootjie gaan huur en na die Waterman gevaar. Hy het oor die mikrofoon aangekondig dat hy die bruid wil sien.”

Die paartjie het Swartruggens in NoordWes hul tuiste gemaak, dit was ‘n groot aanpassing vir die stadsmeisie van Amsterdam. Hul het vier kinders, nege kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Tine het na Amanzimtoti verhuis op 80-jarige ouderdom. Sy het oorspronklik in Tabor gebly en op 95 jarige ouderdom na die sorg-eenheid by Mooihawens geskuif.

“Almal het twee weke gelede ‘n familiebyeenkoms bygewoon in die KwaZulu-Natal middelande om ma Tine se verjaarsdag te vier, net my seun en sy familie van Engeland kon dit ongelukkig nie bywoon nie,” sê Meijer.

Tine sê sy onthou sy het met ‘n fiets met houtwiele, 45 km na die skool en terug gery. Sy het ook ‘n warmlugbalon vlug onderneem, maar daardie dag wat sy getrou het, is haar beste herinnering. Sy het die einde van die eerste Wêreldoorlog en die tweede Wêreldoorlog beleef. Sy sê vroer was die lewe baie rustiger as nou.

Ek tel somme op en dink oor dinge. Ek is lief daarvoor om die nuus te kyk en op hoogte te bly van wat in die wêreld gebeur

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.