Beter gehoor vir ons bejaardes

2016-04-13 06:00
 Foto: verskaf Tannie Sophia Nel (links) van Christiana in Noordwes saam met Yentel Vorster van Kind 2 Hearing tydens die eerste rondte van passings.

Foto: verskaf Tannie Sophia Nel (links) van Christiana in Noordwes saam met Yentel Vorster van Kind 2 Hearing tydens die eerste rondte van passings.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NA die sukses van die gehoor apparaatprojek wat Solidariteit Helpende Hand in 2015 aangebied het, is daar besluit om die projek weer aan te pak, maar op groter skaal. Die organisasie nooi behoeftige bejaardes wat gehoorgestremd is om aansoek te doen vir gratis behandeling.

Verlede jaar het veertig bejaardes van Pretoria vir die eerste keer in jare hul geliefdes se stemme gehoor. Die bejaardes was almal hardhorend en moes gehoorapparate kry, maar kon dit nie bekostig nie en hulle het ook nie oor ? mediese fonds beskik nie. Helpende Hand het saam met Yentel Vorster van Kind 2 Hearing aan hulle ’n gehoorapparaat geskenk en ook die passing gratis gedoen.

Volgens René du Preez, projekorganiseerder by Helpende Hand, lê bejaardes Helpende Hand na aan die hart en deur middel van verskeie inisiatiewe is die Ouma-en-Oupa-projek daarop gefokus om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer.

“Terselfdertyd poog Helpende Hand ook om gemeenskappe te leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen verantwoordelikheid kan neem vir die bejaardes in hul lewens,” sê Du Preez.

Toetsing vind vanjaar weer plaas, maar dié keer word die projek landwyd geneem en 100 apparate sal beskikbaar gestel word. Daar word wel versoek dat bejaardes met eie vervoer na die toetsing moet kom, aangesien vervoer nie verskaf sal word nie. Sentrums waar toetsing gaan plaasvind plaaslik is Seadoone Mall en Scottburgh.

Doen gerus aansoek deur René du Preez by 012 344 4390 te skakel. Sy sal u help om ? aansoekvorm in te vul en ? afspraak te maak. U kan ook ? e-pos stuur narene@helpendehand.co.za. Kontak die voorsitter van ons Amanzimtoti tak, Elize Pelser by 082 655 5902, as jy betrokke wil raak by Helpende Hand in jou area of ’n donasie wil maak vir hierdie of ander Helpende Hand projekte.
- Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.