Dankbaar vir ’n helpende hand

2017-03-08 06:03
Fiona Albertse in Solidariteit Helpende Hand se ‘Ons Winkel’ waar sy nou werk. Photo: TANIA SANdBERG

Fiona Albertse in Solidariteit Helpende Hand se ‘Ons Winkel’ waar sy nou werk. Photo: TANIA SANdBERG

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NIE-WINSGEWENDE organisasie Solidariteit Helpende Hand se missie is om Afrikaner armoede te verlig, verbreek en voorkom en mense te help om op hul voete te kom en in staat te wees om self na hul gesinne om te sien. Die sukses van die filosofie is onlangs bewys, nadat die organisasie ‘n helpende hand na die Albertse gesin wat na Toti verhuis het, uitgesteek het.

“Hoe ongelooflik is dit dat daar so baie mense is wat omgee in ons gemeenskap,” sê Fiona Albertse.

“Ek en my gesin het in 2015 van Boksburg na Toti verhuis. My man was baie siek. Hy het vir 11 jaar by ‘n maatskappy daar gewerk. Ons het gevra of hul hom medies ongeskik kan verklaar maar hul wou nie en my man moes noodgedwonge bedank. Ons het alles verloor want ons kon nie meer paaiemente vir die huis, die motor, versekering, ensovoorts betaal nie. Daar is niks wat jou kan beskerm as jy jou inkomste verloor nie, al het jy jare getrou betaal,” het Albertse gesê.

Sy sê hul het die bietjie geld wat hul gekry het alles gebruik om na Toti toe te kom opsoek na mediese hulp vir haar man.

“My een dogter het ‘n kêrel in Amanzimtoti gehad en voorgestel ons kom hierheen om mediese hulp vir my man te kry en ons het besluit om te probeer. Toe ons hier aankom is my man is deur die plaaslike kliniek na Prince Mshiyeni verwys. Ons het nie vervoer gehad nie, ek het met die trein tot by Isipingo gery en dan geloop tot by die hospitaal om hom te besoek. Ek het gebid en die Here gevra as dit U weg is sal dit eendag wel uitwerk. By Prince Mshiyeni het my man ‘n wonderlike dokter gehad en ek is oortuig die dokters het die beste vir hom gedoen wat hul kon. Maar hy het van ‘n sterk gesonde man wat kinders alles gegee het weggekwyn en is ongelukkig toe oorlede,” het Albertse gesê.

“Ons het na Toti toe gekom met twee tok-sakke met klere en my twee naaimasjiene. Ek het gesê ek kan klere maak en het bietjie geld kon inbring, want ons het twee dogters in hoërskool. My man het net een maand se staatspensioen ontvang voordat hy oorlede is,” verduidelik Albertse.

Die klere het nie genoeg ingebring nie en nadat sy navraag begin doen het, het ‘n vrou haar verwys na ‘n swart skooltjie waar sy toe drie dae ‘n week die kindertjies Engels geleer het vir R1 000 per maand.

“Alhoewel hul my dienste waardeer het en die verbetering gesien het, kon hul my nie meer betaal nie en ek was weer werkloos. Ek het nie geld gehad om my man te begrawe nie, maar sy broer het darem gehelp en Oom Martin by die NG Kerk Suidkus het die begrafnisdiens gedoen. Op daardie stadium het ons nog by my dogter se vriend gebly. Na my man oorlede is kon ek vir ons ‘n tent koop en ons het in die karavaanpark kon bly. Ons bly nou in ‘n woonstel in Winkelspruit te danke aan Helpende Hand,” het Albertse gesê.

“Ek het Solidariteit Helpende Hand genader en gevra of hul dalk ‘n program het om die skooltjie waarvoor ek gewerk het te help. Ek het ook vir hul my CV gegee. Intussen het ek begin om Avon te verkoop, maar Toti het te veel agente. Mariëtte van Heerden, Streeksorganiseerder van Helpende Hand het my CV vir restaurant bestuurder, Deon Prinsloo gegee. Daar is baie min poste vir senior mense in Toti en ek het begin kosmaak vir hul by die restaurant. Deon het toe die ‘Ons Winkel’ van Helpende Hand oopgemaak en ek het hier begin werk twee maande gelede,” verduidelik Albertse.

“Ek werk nie net vir vergoeding nie, ek werk met ’n goeie hart en my doel is ook om hulp te verleen aan ander. Ek is baie gesëend om ook aan behoeftiges ‘n hand te kan verleen,” het sy gesê.

Die ma probeer om op haar eie manier, haar kinders deur die lewe te kry. “Ek het nie net agteroor gesit en wag nie. Ek glo as jy self iets kan doen, moet jy nie iemand anders vra om jou te help nie. Kyk eers of jy nie kan regkom nie. Al het jy niks solank jy skoon en netjies is, bedag en vriendelik is en jy het God in jou lewe, kan niks verkeerd gaan nie,” het Albertse gesê.

“Ek is altyd positief. As ek negatief voel probeer ek dit self verwerk en nie uithaal op my kinders nie. Nederigheid is ook belangrik. Ek het geleer om nie mense wat deur God gestuur is weg te wys nie. Sonder Mariëtte, Isabel en Deon weet ek nie wat sou gebeur nie. Ek het geleer ons is te geneig om alles in ons hande te vat en nie God in beheer te plaas nie. Ons sê ook so min dankie. Al het jy net geblikte bone in jou koskas dan het jy kos. Eers as jou bord leeg is en jy het niks, dan is jy honger, dit het nog nie gebeur nie,” skerts sy.

“Ek kort niks nie. Ek is bevoorreg om my twee kinders nog by my te hê en ek kan nog ma wees. My grootste wens in om elke dag gelukkig te wees en om my liefde vir my dogters en almal te kan gee,” las sy by.

Solidariteit Helpende Hand se ‘Ons Winkel’ Helpende Hand se skenkingswinkel is oop van 9 vm tot 4.30 nm op weeksdae en van 9 vm tot 1 nm op Saterdae.

Die gemeenskap word versoek om klere, elektriese ware, meubels, meubelente, skoene, boeke, speelgoed en enige bruikbare items aan die winkel te skenk. Die fondse wat ingesamel word deur die verkoop van hierdie items word deur Helpende Hand in ‘n gemeenskaplike fonds versamel om rentevrye studielenings te bied aan kinders wat nie tersiêre onderrig kan bekostig nie.

Kinders kan aansoek doen op die Solidariteit Helpende Hand webwerf. Aansoeke is onderwerp aan ‘n keuringsproses en open op Maart 1.

Vir verdere inligting skakel Mariëtte van Heerden by 084 411 7806 of stuur ‘n epos aan marietteh@helpendehand.co.za

 

 

 

“Ek werk nie net vir vergoeding nie, ek werk met ’n goeie hart en my doel is ook om hulp te verleen aan ander. Ek is baie gesëend om ook aan behoeftiges ‘n hand te kan verleen.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.