Kosblikkieprojek help kleuters

2016-04-20 06:00
Seuntjies geniet hulle kos, danksy die Kosblikkieprojek se bekendstelling. Foto:verskaf

Seuntjies geniet hulle kos, danksy die Kosblikkieprojek se bekendstelling. Foto:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE waarde van Helpende Hand se Kosblikkieprojek het weer aan die lig gekom nadat ? studie gedoen is op kinders wat oor die Kerstyd minder kos ontvang as wat hulle gedurende ‘n skooldag by die Kosblikkie-voedingsprogram ontvang.

Hierdie kleuters het nie net nie gegroei nie, maar het inderwaarheid drasties gewig verloor. Die Kosblikkieprojek is daarop gemik om gesonde voeding aan behoeftige kleuters te voorsien gedurende skooltyd.

Helpende Hand het in Desember 2015 die mates geneem van kleuters wat deel uitmaak van die Kosblikkieprojek. Dieselfde kleuters se mates is weer in Januarie geneem om te sien hoeveel die kinders gegroei het met die doel om te bepaal of hulle gedurende dié tydperk voldoende voeding ontvang het. Die kleuterskole was tydens Desember gesluit en kleuters het dus nie kos ontvang nie.

“In van die ergste gevalle het ? driejarige seuntjie 5% van sy liggaamsmassa verloor oor die Desembervakansie,” sê Margolé Riekert, projekorganiseerder by Helpende Hand.

“? Verlies van 5% in liggaamsmassa is baie vir ’n kind van drie. Gelukkig het ons dit opgemerk gedurende die ondersoek en het hy op die voedingsprogram teen einde Maart weer 4,6% van die massa bygekry,” het Riekert bygevoeg.

Volgens die studie het die meeste kleuters liggaamsmassa verloor. Slegs 7% van die kleuters het normale groei getoon. Bykans 93% van kleuters het abnormale gewigsverlies getoon. ’n Gemiddelde verlies van 2% of 300 g is na die vakansie by die kleuters opgemerk. Danksy deeglike voeding deur die Kosblikkieprojek het die gemiddelde massa weer met 4,3% gestyg.

Volgens Adel Rens, ’n dieetkundige, help optimale voeding kinders nie net om fisies te groei nie, maar ook om kognitief te ontwikkel.

“Sonder optimale voeding kan kinders ’n lewenslange agterstand ervaar, veral in akademiese prestasie. Die tydperk waarin die kleuters hulself bevind, is hul heel belangrikste tyd vir optimale ontwikkeling - fisies, emosioneel, sosiaal en veral kognitief. Die waarde van ‘n program soos Helpende Hand wat voeding verskaf aan kinders in hierdie belangrike vormingsjare, kan dus nie oorbeklemtoon word nie,” sê Rens.

Om seker te maak dat wanvoeding en ondervoeding reeds vroeg uitgeken word, sal Helpende Hand voortaan vir elke kleuterskool wat deel van die Kosblikkieprojek uitmaak, ? MUAC-maatband en ’n groeikaart verskaf om vroegtydig op te merk wanneer kinders ondervoed is.
Die MUAC-maatband word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) versprei en dui die gewig en lengte vir seuns en dogters tussen die ouderdomme twee en vyf jaar aan.

Volgens dr Danie Brink, hoof uitvoerende direkteur van Helpende Hand, glo die organisasie vas dat daar deur opvoeding ? einde aan armoede gemaak kan word. Daarom is die Kosblikkieprojek geskep om seker te maak dat arm kleuters die nodige voeding kry om suksesvol te ontwikkel en om te kan leer. Die projek gee op ? daaglikse basis kos vir meer as 4 500 kleuters.

Die projek word voortdurend gemonitor om seker te maak dat daar optimaal in kinders se behoeftes voorsien word. Die publiek word aangemoedig om die projek te ondersteun. SMS die woord “bord” na 38969 om R10 te skenk en ’n bydrae te maak tot ’n gesonde bord kos vir ’n kleuter.

Vir meer inligting oor die Kosblik-kieprojek, kontak gerus vir Margolé Riekert, projekorganiseerder Solidariteit Helpende Hand, op 012 644 4390. Kontak Mariëtte van Heerden, streeksorganiseerder in KZN as jy betrokke wil raak by Solidariteit Helpende Hand by 084 411 7806 of marietteh@helpendehand.co.za
- Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.