Malaria in bloedvoorraad kan voorkom word

2015-12-16 06:00

MALARIA is a dodelike maar voorkombare siekte en kom in dele van Suid-Afrika voor. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gee erkenning aan Malariaweek in November deur die bloedvoorraad teen malaria te beskerm.

Indien iemand malaria het, kan dit deur bloedoortappings en geïnfekteerde naalde aan ander oorgedra word. In 2013 het meer as ‘n halfmiljoen volwassenes en kinders wêreldwyd aan malaria gesterf en vandag woon 1.2 biljoen mense in gebiede waar die risiko hoog is. Hierdie is gewoonlik tropiese gebiede met swaar reënval, humiditeit en hoë temperature waar muskiete wat die siekte versprei kan gedy.

In Suid-Afrika is die situasie minder ernstig - slegs 10% van die bevolking leef in hoë-risiko gebiede soos Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, plus die verspreiding van malaria is seisoenaal. Statistiek van die wêreld-gesondheidsorganisasie wys dat van die 8 645 bevestigde malaria-gevalle in 2013, 104 gesterf het.

Die effektieste manier om te verhoed dat malaria opgedoen word is om blootstelling aan malaria-draende muskiete te beheer en te beperk deur die gebruik van muskiet-nette en die toepaslike insekdoders.

“Voorkoming verminder malaria wêreldwyd maar Afrika is steeds die plek waar die meeste sterftes voorkom. Daarom is daar ‘n geleentheid om opvoeding en bewusmaking oor die epidemie te verbeter en beter maniere te vind wat die verspreiding kan beperk,” sê Thabelo Mokoena, die SANBS se hoof-bemarkingamptenaar.

Mense wat die grootste kans het vir infeksie het, is jong kinders met onderontwikkelde beskermende immuniteit, mense met HIV en verwagtende vroue sonder immuniteit.

Volgens Mokoena manifesteer malaria infeksies nie onmiddellik na blootstelling in alle pasiënte nie en simptome in ‘n donateur mag voorkom nadat bloed reeds geskenk is. Daarom is die bloeddiens se uitdaging dat mense wat in lae-risiko gebiede woon en hoë-risiko, endemiese gebiede besoek, vier weke moet wag voordat hulle weer bloed kan skenk. Die SANBS onderneem uitgebreide laboratorium prosedures as deel van ‘n geïntegreerde proses om elke eenheid van bloed te toets vir infeksies wat algemeen in Suid-Afrika voorkom soos HIV, Hepatitis B en C en sifilis.

Om te voorkom dat malaria-geïnfekteerde bloed deur die stelsel kom, onderneem die SANBS omvattende onderhoude om inligting van donateurs te bekom en om hulle aan te moedig om malaria-vry te bly.

“Ons moedig mense wat vrae of bekommernisse oor die skenking van bloed het aan om een van donasie-sentrums te besoek, of om die tolvry hulplyn (0800 11 9031) te skakel of om met ons deur die sosiale media in verbinding te tree. Dis hoe ons almal ‘n deurslaggewende rol in die lewens-reddende bloeddiens kan speel,” het Mokoena gesê. - Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.