Nuwe waarnemende hoof vir Kuswag

2017-01-18 06:01
Photo: supplied Chris Lindeque neem tans waar as skoolhoof by Kuswag Skool.

Photo: supplied Chris Lindeque neem tans waar as skoolhoof by Kuswag Skool.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

CHRIS Lindeque neem tans waar as skoolhoof by Kuswag Skool. Hy neem die leisels oor by Linda Scholtz wat aangestel is as skoolhoof by Danville Girls’ High.

“My doelwit is om ‘n goeie, gebalanseerde en gelukkige atmosfeer te skep vir ons personeel, ouers en leerders en om net my beste te gee.”

Leerders word, naas akademie, gemotiveer om deel te neem aan sport en kultuuraktiwiteite. Daar word veral gefokus op die geestelike en emosionele aspekte van leerders se lewens. Samewerking met verskillende kerke en betrokkenheid van die gemeenskap is nodig om ‘n gelukkige skool te bou en ons is gelukkig om beide te hê.

Lindeque is in Boksburg gebore en die gesin het later na Thabazimbi verhuis. Hy verwerf sy matriek aan Hoërskool Dirkie Uys op die Bluff en gaan studeer daarna onderwys by Durban Onderwys Kollege.

In 1987 begin hy sy onderwysloopbaan in Greytown. Hy is sedert 1994 by Kuswag Skool eers as departementshoof van die laerskool. Die jaar 2000 was ‘n groot jaar vir Lindeque - hy word aangestel as adjunkhoof van die Laerskool en word ook aangestel as voorsitter van Suidkus Skolerugby en rig Cravenweek Rugby af. Hy dien ook vir 13 jaar op die KwaZulu-Natal laerskole se uitvoerende komitee. In 2001 voltooi hy sy Honeursgraad in Onderwysbestuur.

Lindeque is getroud met Berni, Departementshoof by Doonheights Primary. Die egpaar se oudste dogter, Bianca, is ‘n onderwyseres by Kenmont Skool en hul jongste dogter, Cara, het so pas haar Honeursgraad in kriminologie voltooi.

“My lewensfilosofie is om die lewe te geniet, maar te lewe volgens die wette van die Bybel. As ‘n mens glo, is alles moontlik. Markus 9:23.”

As skoolhoof streef Lindeque daarna om te alle tye regverdig op te tree, maar hou nie daarvan as mens se goedheid misbruik word nie.

“Ek behandel beide my junior en senior personeel op dieselfde professionele vlak” sê hy. Hy glo dat ‘n leier een is van ‘n span, want die leier is nederig, beskeie en ag nie hul opinie belangriker as ander nie.

Vinnige feite:

Gunsteling boek: Lance Armstrong se bibiografie.

G unsteling gereg: Ek is eenvoudig mal oor hoendergeregte of ‘n beesstert pot jie, wat ek natuurlik self moet maak.

Gunsteling musiek: Ek geniet alle musiek, maar veral Elvis is my groot gun steling.

Diere: Ons het twee honde, een brakkie en ‘n Jack Russell en ‘n lawaaimaker, ons blou Indiese Ringnek voël.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

How to get rid of fleas

Before you call in the pricey exterminators, try this DIY approach that promises to get your flea problem under control.

 
 

Paws

12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.