Om goed te doen, is goed vir jou

2016-12-14 06:02
 Photo: verskaf Helpende Hand wil vanjaar nog vier projekte ondersteun. Die eerste is ‘n Kerspartytjie vir behoeftige kinders. Besig om geskenke uit te deel is Meyer le Roux.

Photo: verskaf Helpende Hand wil vanjaar nog vier projekte ondersteun. Die eerste is ‘n Kerspartytjie vir behoeftige kinders. Besig om geskenke uit te deel is Meyer le Roux.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOLIDARITEIT Helpende Hand se projekte tydens 2016 was nie net goed vir gemeenskappe nie, maar ook vir die persoon wat die projek bedryf. Hierdie teorie is weereens bewys nadat Helpende Hand se vrywilligers in ’n opname hulle motiverings neergepen het.

In 2016 het Helpende Hand se 165 takke 1 303 takprojekte en 330 streeksprojekte aangepak ten bedrae van R8 227 684. Toe die 2 000+ vrywilligers gevra is hoekom hulle by Helpende Hand betrokke is, het 60% aangedui dat hulle ’n verskil in hulle gemeenskappe wil maak.

Nie net baat die samelewing by die projekte nie, maar vir 80% van die vrywilligers is dit ’n bron van vreugde om ander te help. Verder het hulle aangedui dat dit betekenis aan hulle lewens gee en ook dat dit help om hulle te laat ontspan.

Volgens René du Preez is daar nog redes waarom betrokkenheid by liefdadigheid goed is vir individue. “Vir vrywilligers is dit ook ‘n goeie geleentheid om hulle netwerke op te bou aangesien 66% van vrywilligers aangedui het dat hulle tak ’n netwerk van organisasies het wat hulle kan bystaan en ondersteun,” sê Du Preez.

Buiten vir die projekte wat deur takke geloods is, het Helpende Hand ook nasionale projekte geloods wat vir 4 600 graad eens ’n skooltassie met skryfbehoeftes in voorsien het, en daagliks vir 4 420 kleuters van ’n warm bord kos voorsien. Verder is R750 000 spandeer om 3 697 meisies in die skool te hou deur hulle van die nodige sanitêre produkte te voorsien.

“Dankbaarheid lê sentraal tot vrywilligers se motiewe,” sê Du Preez. “Toe ons vrywilligers vra wat hulle meer wil hê van Helpende Hand, het die meeste bloot hulle dankbaarheid betuig. Hulle doen goeie werke, want hulle is dankbaar vir wat hulle het en ons as organisasie wil daardie tradisie voortsit.”

Om hulle dankbaarheid te betoon wil Helpende Hand vanjaar nog vier projekte in die samelewing ondersteun met ’n finansiële inspuiting van R10 000.

Die eerste van hierdie projekte was die Kideo’s Kleuterskool in Daspoort se Kerspartytjie. Hierdie kleuterskool het baie behoeftige kleuters wat baie min die geleentheid kry om ’n partytjie te hou.

Daarom het Helpende Hand op 6 Desember vir die kinders ’n spesiale Kerspartytjie gehou. Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie het as Baardvader opgetree en geskenke aan die kinders uitdeel.

Volgens Barbera Fouché, een van die onderwyseresse by die skool, was die kinders reeds dae voor die tyd opgewonde oor die partytjie. “Dit beteken baie vir die kinders om so bederf te word. Dit is iets anders waaraan hulle glad nie gewoond is nie,” sê Fouché.

- Verskaf

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.