Onderwysdepartement se wiskunde-plan faal leerders

2017-01-11 06:02

ALHOEWEL die matriekklas van 2016 gelukgewens kan word met hul uitslae is daar steeds rede tot diepe bekommernis oor die land se wiskunde uitslae, aldus Hugo Vermeulen, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand.

Slegs 51,1% van al die 2016 matrieks wat wiskunde (nie wiskunde geletterdheid) geskryf het, het deurgekom. ‘n Allemintige 49,9% het dus minder as 30% in wiskunde behaal. Van dié wat geslaag het, het slegs 33,5% bo 40% in wiskunde behaal en dit nadat die punte heelwat opwaarts aangepas is deur die departement.

“Sonder twyfel sit die sterker leerlinge in die wiskunde klas en hierdie skokkend lae persentasie gee ’n sterk aanduiding van hoe vrot ons wiskunde in werklikheid is.

“Dit onderstreep wat die Timms uitslae van 2015 ook bevestig het, RSA is 35ste uit 36 lande in Graad 9 wiskunde. Dit bevestig dat die onderwys van wiskunde krities swak is en daar meer drastiese stappe geneem moet word om dit aan te spreek, tans loop die departement se strategie met wiskunde in ’n doodloopstraat af,” het Vermeulen gesê.

Van die 1 303 016 leerders wat in 2004 Graad 1 begin het, kon net 610 178 (46,8%) verlede jaar matriek skryf. Slegs 135 958 (10,4%) kon wiskunde in Graad 12 slaag en slegs 6,8% van hulle het bo 40% in wiskunde behaal.

Volgens Vermeulen moet die departement van onderwys net gaan kers opsteek by skole waar daar suksesvolle onderwys en bewese prestasie in wiskunde is. Hul hoef nie veel vêrder as Afrikaanse skole te soek nie.

Navorsing onder die 721 Afrikaanse skole (alle skole wat Afrikaans huistaal as vak aanbied) se 2016 matriekuitslae dui aan dat hierdie skole puik standaarde handhaaf. Alhoewel hul net 10,6% van alle openbare skole verteenwoordig, het hul 32% van alle onderskeidings in wiskunde opgelewer.

“Hierdie puik uitslae kan toegeskryf word aan hoë kwaliteit opleiding vanaf voorskool, deur die grondslagfase, intermediêre fase tot senior fase deur goed opgeleide passievolle onderwysers wat hul leerlinge se volle potensiaal laat realiseer.

“Die geheim is die kwaliteit van die onderwysers. Die onderwysdepartement sal wys optree om hierdie kundigheid te gebruik om onderwysers maar ook studente onderwysers landwyd beter op te lei,” het Vermeulen bygevoeg.

Volgens Vermeulen gaan die Skoleondersteuningsentrum vanjaar weer ongeveer 3 000 Afrikaanse onderwysers oplei tydens hul middagseminare en kongresse.

- Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

 
 

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.