SAPD praat oor afknouery

2016-03-30 06:00
Foto: verskaf Kinders luister met aandag na die spreker wat praat oor afknouery as deel van die leerplan vir die jaar.

Foto: verskaf Kinders luister met aandag na die spreker wat praat oor afknouery as deel van die leerplan vir die jaar.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SAPD en Against Substance Abuse het verlede week Kuswag Skool leerlinge toegespreek oor afknouery as ‘n aanvulling tot die onderwerp wat deel is van die leerplan vir Graad 7 leerlinge.

Kaptein Charlene van der Spuy het leerlinge gevra wat afknouery is en hul raad gegee om ‘n boelie te hanteer.

Haar raad was wees dapper. “As jy bang is vir iemand anders en jy wys vir daardie persoon hoe jy voel, gaan hy aanhou om jou te boelie,” het sy gesê.

‘n Ander keuse is om die boelie te ignoreer.
“Moenie woorde wissel met ’n boelie nie. As ’n boelie jou dreig of iets slegs vir jou sê, ignoreer hom of haar en stap verby. Boelies hou daarvan om ’n reaksie by ander te kry,” het sy gesê.

“As die boelie aanhou om jou te terg, sê hard en duidelik vir hom of haar om dit stop te sit. Maats moet ook leer om saam te staan en vir ’n boelie te sê om op te hou om ander te pla,” het sy gesê.

Sy het die klas aangemoedig om ‘n volwassene te vertel. “Praat met ’n volwassene wat jy vertrou, soos jou ouer, ’n onderwyser of iemand anders. Onderwysers kan ook help deur ‘n houer op hul tafels te plaas waar leerlinge briefies met vertroulike inligting kan insit,” het Kaptein Van der Spuy gesê.

Sy het duidelik gemaak dat kinders ander kinders kan help deur ‘n vriend te wees en daardie maats te ondersteun deur byvoorbeeld saam met hulle te loop.

Sy het gesê ’n boelie is iemand wat ongelukkig voel met homself en die wêreld en dit nie kan vat dat ander gelukkig is nie. Hulle boelie gewoonlik kinders om aandag te trek, en weet nie hoe om maats te maak nie en kinders aangemoedig om te praat oor hulle probleme met ‘n volwassene, eerder as om ander af te knou.

“Moenie terug boelie nie, wanneer jy terugbaklei maak dit hom net meer aggressief en dit kan ook baie gevaarlik wees, want iemand kan seerkry,” het sy gewaarsku.

Sy het gesê skole moet ‘n beleid teen afknouery hê wat deur ouers, leerlinge en onderwysers geteken word. Die beleid behoort te omvat hoe boelies deur die skoolstelsel aangespreek sal word.

Kaptein Van der Spuy het ook gewaarsku dat ‘n kind wat afgeknou word, se ouers ‘n saak teen die boelie kan oopmaak en die boelie ‘n kriminele rekord kan kry. - Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.