Skenk liefde

2016-02-17 06:00

DIE Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SABD) wil mense aanmoedig om Februarie, die maand van liefde te vier deur liefde in vloeistofvorm met hul medemense te deel.

Moeders in kraam, kankerpasiënte en slagoffers van ongelukke is maar enkele mense wat dikwels van lewensreddende bloedoortappings gebruik moet maak. Bloedskenkers is naamlose helde wat duisende mense 'n tweede lewenskans bied.

“Februarie bied ons die kans om liefde en grootmoedigheid teenoor ons medemens te toon. Hierdie dade is des te meer spesiaal wanneer dit aan mense getoon word wat ons dalk nooit ooit sal ontmoet nie,” sê Thapelo Mokoena, hoof bemarkingsbeampte van die SABD.

Elke eenheid bloed wat geskenk word kan tot drie ontvangers bevoordeel. Die kosbare vloeistof wat deur onbetaalde vrywilligers geskenk word, word in verskillende produkte soos bloedplaatjies verwerk wat noodsaaklik is vir pasiënte wat aan aplastiese anemie (bloedarmoede) ly.

Bloedskenkers moet tussen 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg en moet ? veilige seksuele lewenswyse volg. Skenkers word aangemoedig om altyd iets te eet voordat hulle bloed skenk.

Ten einde aan die groeiende behoefte aan bloed te voldoen, en om goeie voorraad te handhaaf, poog die SABD om ten minste 3 000 eenhede bloed daagliks in te vorder. So 'n mikpunt vereis dat vele mense saamwerk.

“Ons begryp dat dit nie maklik is om ? naald in jou arm te laat steek nie. Maar vir diegene wat bang is vir naalde of nie bloed kan verdra nie, is daar ander maniere waarop julle ons kan help om hierdie doelwit te bereik. Ons daag julle dus uit om nie net op die kantlyn te staan en toekyk nie, maar om ons te kontak om uit te vind hoe julle jul vrye tyd kan gebruik om ons te help om lewens te red,” aldus Mokoena.

Vir meer inligting skakel 0800 11 90 31 of e-pos customerservice@sanbs.org.za - Verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.