Wouter se Watergat

2016-04-06 06:00

GESPREKKE in die Watergat die afgelope week is oorheers deur een onderwerp: die Grondwethof se bevindings oor Nkandla en President Zuma se reaksie daarop. Dit het verlede Vrydag begin toe ons besig was om te kyk na die rugbywedstryd tussen die Lions en die Crusaders. Een van ons televisiestelle in die een hoek was ingestel op die Kyknet-nuusbulletin, en ons het agtergekom dat President Zuma skielik op die skerm verskyn het en die land toespreek.

Ons het al die TVs na die nuus oorgeskakel, want die bedanking van ‘n president is tog belangriker as ‘n SupeRugby-wedstryd. Of hoe? Ewenwel, die teleurstelling het stelselmatig opgebou onderwyl ons agtergekom het ons word weereens vir gekke gehou. Hoe is dit moontlik dat ‘n president, al is dit iemand met ‘n bedenklike integriteits-geskiedenis, die intelligensie van sy mense so kan onderskat? “Ek is so verskriklik jammer, ek het geen bybedoelings gehad nie, ek het heeltyd gesê ek sal betaal,” ens. ens.

Ná 10 minute het ons genoeg gehad en teruggeskakel na die rugby. In die talle besprekings daarna is baie menings uitgespreek oor waarom hy hoegenaamd nog oorleef. Myns insiens is hy polities reeds morsdood, en die tyd is nog nie reg vir die ANC om hom te laat loop nie weens talle oorwegings soos die komende verkiesing, en die houvas wat hy nog op sleutelmense het weens die krag van sy patronaat.

Die politiek het egter sy eie rëels, en wanneer die kritieke oomblik aanbreek, sal sy party hom “slag” soos die Nasionale Party met John Vorster en PW Botha gedoen het. En die Tories met Margaret Thatcher.

Een van ons besoekers, Joos Pieterse van Roodepoort, was erg omgekrap omdat hy oor die Paasnaweek op pad na Port Shepstone twee bande stukkend gery het deur ‘n vierkantige gat in die pad waar die provinsiale owerheid teer uitgehaal het sodat die pad herstel kon word.

“Daardie gat was in die middel van die rybaan, en hulle het nie die moeite gedoen om waarskuwingstekens aan te bring of om dit af te kamp nie,” het Joos uitgevaar. “Talle ander motoriste het dieselfde ervaring gehad, en toe ek by die munisipaliteit beswaar aanteken, sê hulle vir my dis nie hulle verantwoordelikheid nie, maar die provinsie s’n.”

Verskeie plaaslike inwoners het dieselfde ervaring gehad, met dieselfde gevolge. Ná die Paasnaweek was die werkers terug en is die pad-ryvlak herstel, maar dit was toe te laat. Wie betaal vir die tientalle stukkende bande en wielvellings? Jan Kiepie-publiek.

Vandeesweek se storie van die week kom van Daleen Vorster van Newcastle wat saam met haar man Hans ons Sondag-middagete kom geniet het.

Klein Koos oefen in die sitkamer met sy viool terwyl Pa Koos in sy slaapkamer probeer om ’n uiltjie te knip.

Die gesin se hond lê op ’n matjie voor Pa Koos se bed, maar elke keer wanneer Klein Koos ’n ekstra hoë noot uit die viool wring, vlieg die hond regop en tjank iets allerverskriliks.

Pa Koos verduur die hond en die viool so lank as wat hy kan. Toe knak hy, spring vervaard orent en gil soos ’n besetene bokant al die lawaai uit: “Nee vrek, Klein Koos, kan jy dan nie iets speel wat die hond ken nie?’’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.