Belegging groot inspuiting

2015-09-30 06:00

DIE Diamantstad het verlede Woensdag (22/09) voornemende Chinese beleggers verwelkom terwyl ’n samewerkingsooreenkoms vir ’n nuwe juweelvervaardigings­aanleg onderteken is.

Dié aanleg, wat verskillende rolle sal vervul, gaan in twee stede in twee lande, Kimberley en Chenzhou, gebou word.

Dié Sino-Afrika-juweelooreenkoms is Woensdag deur die Sol Plaatje-munisipaliteit, die Chenzhou-munisipaliteit in China en South-Africa Fit Technology aangekondig.

Dié belegging behels ’n geldelike inspuiting van sowat R6 miljard.

Verskeie amptenare en sakemanne van die Diamantstad, asook Chinese sakemanne, het die plegtigheid in die raadsaal bygewoon.

David Molusi, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Hon Li Ping, uitvoerende adjunkburgemeester van die Chenzhou-munisipaliteit in China, en Wu Shao Kang van South Africa Fit Technology het die ooreenkoms onderteken.

Die aanlegte sal in nywerheidsones in Kimberley en Chenzhou gebou word. Dit sal uit verskillende ondernemings bestaan wat juwele sal vervaardig, vertoon en verkoop. Ander ondernemings en woongebiede sal mettertyd om die sones ontwikkel word.

Luidens die ooreenkoms moet die Chinese ontwikkelaars eers die aanleg in Chenzhou bou, waarna die Chinese regering hulle sal vergoed. Die ontwikkeling behels infrastruktuur in China soos paaie, watertoevoernetwerke, elektrisiteits-netwerke, parke, en so meer.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit sal die beleggers ondersteun deur rou en halfverwerkte mineraleprodukte in die Kimberley-gebied te vind.

Die munisipaliteit sal voorts eiendom vir die aanleg identifiseer en ondersteuning en aansporingsvoordele aan voornemende beleggers bied.

South Africa Fit Technology sal binne drie maande sowat R40 miljoen vir die aanleg beskikbaar stel. Nog geld sal mettertyd beskikbaar gestel word namate die ontwikkeling vorder. Geld sal ook beskikbaar gestel word om die juweelvervaardigingsbedryf in die Kimberley-gebied te ontwikkel en bemark.

Sou die twee munisipaliteite ná twee jaar ’n omset van sowat R2 miljard behaal en sowat 200 ondernemings in dié nywerheid betrek, sal South Africa Fit Technology ’n bonus van R40 miljoen aan die munisipaliteite betaal.

Die Chenzhou-munisipaliteit sal die Sol Plaatje-munisipaliteit bystaan om sowat 100 jong mense op te lei om juwele te maak.

Die formele kontrak sal voor die einde van Desember bekragtig word

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.