Bloodhound laat besoekers verstom

2015-07-15 06:00
Dave Rowley, onderwysdirekteur van die Bloodhound-projek, stap hier verby die replika van die Bloodhound wat in die Groot Gat-mu­seum in Kimberley te sien was. Die replika is die presiese grootte van die werklike Bloodhound. 
Foto: 
emile hendricks

Dave Rowley, onderwysdirekteur van die Bloodhound-projek, stap hier verby die replika van die Bloodhound wat in die Groot Gat-mu­seum in Kimberley te sien was. Die replika is die presiese grootte van die werklike Bloodhound. Foto: emile hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KIMBERLEY. – ’n Replika van die supersoniese motor Bloodhound waarmee volgende jaar in die Noord-Kaap ’n aanslag op die wêreld-landspoedrekord gedoen gaan word, het verlede week besoekers aan die Groot Gat-museum verwonderd laat staan.

Die replika was nog tot Maandag (06/07) in die museum te sien.

’n Uitstalling waarin meer oor die projek vertel word, is ook te sien.

Dit is deel van die Bloodhound se onderwysprojek, waarby skole in Suid-Afrika en Brittanje betrek word.

Meer as 100 skole in die Noord-Kaap is betrokke.

Dave Rowley, onderwysdirekteur van Bloodhound, sê die hoofdoelwit van die projek is om ’n nuwe geslag wetenskaplikes te inspireer.

Hoewel die aanslag op die wêreldrekord weer uitgestel moes word, word die eerste “stadigespoed-toetse” in November in Brittanje gedoen.

Dit word op aanloopbane gedoen, omdat daar nêrens in Brittanje ’n groot genoeg en plat genoeg oppervlak is om toetse op volle spoed te doen nie, sê Rowley.

Hakskeenpan, waar die aanslag gedoen gaan word, word binnekort aan die projekspan oorhandig. Sowat 20 000 ton klip is van die pan verwyder om dit vir die aanslag gereed te kry.

Die Bloodhound-motor is ongeveer 13,5 meter lank en 2,8 meter hoog, met twee voorwiele wat aan die binnekant van die motor ingebou is, en twee agterwiele wat aan die buitekant is. Dit weeg meer as 7,5 ton.

Die enjin produseer sowat 135 000 perdekrag, gelykstaande aan die krag van 180 Formule Een-renmotors.

Die motor is ’n mengsel van motor- en lugvaarttegnologie. Die krag van die motor se EJ200 Eurofighter-enjin sal gebruik word om op te bou tot 400 km/h.

Andy Green, ’n voormalige Britse vegvlieënier wat in 1997 die huidige landspoedrekord van 763 m/h (1 228 km/h) in die Black Rock-woestyn in Amerika opgestel het, wil met die supersoniese voertuig ’n snelheid van 1 000 myl/h (1 610 km/h) in ’n motor bereik. ’n Afstand gelykstaande aan vier en ’n half sokkervelde sal per sekonde afgelê word. Dit is vinniger as ’n koeël uit ’n Magnum .357, en die motor se eie lengte in minder as drie honderdstes van ’n sekonde.

Die terrein is 1,3 km wyd en 20 km lank. Dit is gelykstaande aan 3 000 sokkervelde.

Een van die twee valhelms wat Green sal gebruik, is ontwerp deur Dirk Coetzee, ’n oudleerling van die Hoërskool Adamantia. Sy ontwerp is uit byna 500 ander ontwerpe gekies as die wenner van die Suid-Afrikaanse deel van die kompetisie.

Die kompetisie is gehou om kinders in Suid-Afrika, asook Brittanje, by die Bloodhound SCC-projek te betrek

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
1 comment
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.