Buurtwag bal sy vuis

2015-06-10 06:00

KIMBERLEY gaan sy vuis nog sterker teen misdaad bal met die stigting van ’n oorkoepelende buurtwag-stelsel.

Buurtwagte bestaan reeds in verskeie woonbuurte.

Die stigting van die oorkoepelende stelsel sal verseker dat die buurtwagte meer gekoördineerd te werk sal kan gaan, en dat dit uitgebrei word na die hele stad.

Linja van Wyk van die Facebook-groep Saam Staan Kimberley en ondervoorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, sê AfriForum gaan die Kimberley-buurtwag geldelik bystaan met onder meer die voorsiening van radio’s en ander toerusting.

Jan-Piet Cooks, veiligheids-koördineerder van Afriforum, sal die stigtingsvergadering Dinsdag (19/05) bywoon.

Hy sal op die vergadering ook opleiding gee, onder meer oor hoe om met die radio’s te werk.

Die administrateurs van die verskillende buurtwagte sal Maandag (18/05) bymekaarkom.

Van Wyk sê op die oomblik funksioneer die buurtwagte in die verskillende woonbuurte elk op hul eie, en is daar nie behoorlike strukture nie.

Groot sukses is reeds met die bestaande buurtwagte behaal.

“Hier en daar is daar nog klein inbrake, maar dit is baie minder as wat dit ’n paar maande gelede was.”

Kimberley het vroeg in die jaar onder ’n vlaag inbrake by huise deurgeloop, met tot ses huise op ’n enkele naweek waar ingebreek is.

Verskeie bakkies is ook in dié tyd gesteel nadat die eienaars se honde vergiftig is.

Dié vlaag inbrake het aanleiding gegee tot die stigting van buurtwagte in verskeie woonbuurte.

Van Wyk sê mense het besef hulle moet saamwerk om misdaad teen te werk.

“Dis belangrik dat Kimberley se mense mekaar se hande vat.”

Die Kuruman-buurtwag word as voorbeeld gebruik as een wat baie suksesvol werk.

Daar word by die Kurumaniete kers opgesteek oor hoe om dit goed te laat funksioneer, en Kuruman sal ook besoek word om eerstehands te sien hoe dit werk.

Van Wyk sê betrokkenheid by die buurtwag is vrywillig.

Mense sal verskillende take kan verrig, en self besluit wat hulle wil doen en wanneer hulle dit wil doen.

“Daar is soveel maniere waarop mense betrokke kan raak.”

Sy hou die Herlear-buurtwag voor as voorbeeld van een wat reeds doeltreffend funksioneer, en boonop verseker dat die inwoners mekaar beter leer ken.

Mense laat weet die ander lede van die groep wanneer hulle wil gaan stap, en nooi hulle saam.

Só word ’n hele stapgroep dan gevorm. Die inwoners wat graag fietsry, ry ook in groepe saam.

Die stigtingsvergadering was Dinsdag (19/05) in die Horseshoe Motel

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.