Kinderverkragter sit lewenslank

2015-06-10 06:00

IVAN MATHIBE, die man wat die Galeshewe-gemeenskap geskok het toe hy die vyfjarige Florence Barendt verlede November verkrag en vermoor het, is lewenslank tronk toe gestuur.

Terwyl hy Dinsdag met die stel trappe na die selle geloop het, het gemeenskapslede in die volgepakte hof hom vaarwel toegewuif. Vir hulle het geregtigheid geseëvier.

Regter B. Pakati wou ’n duidelike boodskap oordra deur nog ’n verkragter en moordenaar wat die Kimberley-gemeenskap teister, uit die gemeenskap te verwyder. Sy het die gemeenskap bedank dat hulle nie eie reg gebruik en Mathibe (30) op die dag van die moord aangerand het nie.

“Dankie dat julle ons regstelsel vertrou en Mathibe aan die polisie oorhandig het.”

Sy het geen genade aan die moordenaar en verkragter betoon nie. Mathibe, wat skuld beken het, was nie werklik berouvol oor sy dade nie, het die regter in haar vonnisoplegging gesê.

Die kleuter was hulpeloos en het Mathibe vertrou toe hy haar van haar ouerhuis weggelok het. Hy kon haar pa gewees het.

Mathibe was ’n huisvriend wat deur die meisie se ouers vertrou is.

Hulle sê hulle kan nie glo hul dogtertjie sal nie haar eerste skooljaar beleef nie. Hul drome is aan skerwe. Hulle moet aan haar broers en susters verduidelik sy is nie meer met hulle nie. Die ouers, wat hulself verkwalik het, is geldelik en emosioneel deur die gemeenskap en hul kerk ondersteun. Hul grootste nagmerrie is oor die ondraaglike pyn wat hul kind voor haar dood moes beleef het. Mathibe het geweet sy sou haar ouers hiervan vertel en het daarom haar kop verbrysel om haar vir ewig stil te maak.

Mathibe het stilgebly oor waar die meisie se lyk versteek is. Hy het haar ouers nie om vergifnis gevra nie.

Hy het net ’n bekentenis afgelê omdat hy geweet het die bewyse teen hom is oorweldigend. Hy het ook nie vir die hof vertel hoekom hy stilgebly het nie. Daar is geen versagtende omstandighede nie.

Hy is daarom twee lewenslange vonnisse vir die moord en verkragting opgelê en vyf jaar vir ontvoering. Dit sal gelyklopend uitgedien word.

Adv. Joylene Mabaso het aangekla. Pierre Fourie, vir die Regshulpraad, het vir Mathibe verskyn

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.