Kleintyd-droom nou werklikheid

2015-07-01 06:05

DIÉ drie ritmiese gimnaste van die Rhythmia-gimnastiekklub in Kimberley gaan aan ’n internasionale toernooi in Bulgarye deelneem. Van links is Karlin van Tonder, Daynah Culvert en Rinske-Mari du Plooy. Agter is hul afrigter, Tazmiah Francis.  
Fot

DIÉ drie ritmiese gimnaste van die Rhythmia-gimnastiekklub in Kimberley gaan aan ’n internasionale toernooi in Bulgarye deelneem. Van links is Karlin van Tonder, Daynah Culvert en Rinske-Mari du Plooy. Agter is hul afrigter, Tazmiah Francis. Fot

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KARLIN VAN TONDER het kleintyd al sommer in haar slaap gimnastiek-bewegings uitgevoer – nou is sy op pad na Turkye en Bulgarye om daar aan internasionale kompetisies in ritmiese gimnastiek deel te neem.

Karlin, ’n leerling aan die Laerskool Eureka, word deur Tazmiah Francis van die Rhythmia-gimnastiekklub in Kimberley afgerig. Nog twee lede van die klub, Rinske-Mari du Plooy, ’n leerling aan die Laerskool Staats, en Daynah Culvert, ’n leerling aan die Laerskool Newton, gaan ook in Augustus aan die Koningin Margarita-byeenkoms in Bulgarye deelneem. Francis reis saam.

Karlin is ook een van net sewe gimnaste wat genooi is om aan proewe deel te neem om na ’n internasionale byeenkoms in Japan te gaan. Net een deelnemer uit Suid-Afrika kan hier deelneem. Van die wêreld se beste ritmiese gimnaste sal teen mekaar meeding.

Karlin was net sewe jaar oud toe sy die Suid-Afrikaanse kampioen op hoëprestasie-vlak geword het. Verlede jaar was sy algeheel eerste gekeur, en vanjaar tweede. Sy is in die ouderdomsgroep o.16 eerste gekeur. Sy het in Desember aan die internasionale sone VI-kampioenskap in Walvisbaai, Namibië, deelgeneem. Uit die ses dissiplines en net onder 100 afgevaardigdes was Karlin die enigste gimnas uit die Noord-Kaap wat Suid-Afrika verteenwoordig het. Sy het individueel in die junior Olimpiese afdeling twee goue medaljes en een silwermedalje en ’n algehele eerste plek verower.

Haar ma, Tharina, sê Karlin is baie gedissiplineerd. Sy vaar ook goed op skool.

Karlin se groot droom is om aan die Olimpiese Spele deel te neem. Dit sal egter eers kan gebeur wanneer sy 18 jaar oud is.

Die uitdaging nou is om geld bymekaar te kry om oorsee te kan gaan. Hulle moet hiervoor op borge staatmaak. Tharina sê daar kom geen hulp van die regering nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.