Magda laat haar nie onderkry

2015-06-10 06:01

OM suksesvol deur die lewe te gaan sonder enige fisieke gebreke is reeds ’n uitdaging vir die meeste mense. Vir Magda Combrink (31), inwoner van Kimberley, bied die lewe nog ’n groter uitdaging.

Sy laat haar egter nie deur haar gebreke onderkry nie. “Soms raak ek moedeloos, maar dan besef ek daar is ander mense wat nie arms of bene het nie – ek het soveel om voor dankbaar te wees,” gesels sy.

As fetus het sy ’n beroerte in haar ma se baarmoeder gehad. Dit het ’n deel van haar regterbrein aangetas, wat weer die minimum gebruik van haar linkerhand en in ’n mate haar linkervoet tot gevolg het.

Sy het egter baie in haar jong lewe ondanks haar unieke omstandighede vermag.

Ten tyde van haar skoolloopbaan aan die Elizabeth Conradie-skool en die N.J. Heyns-skool het sy verskeie eerbewyse ontvang.

Sy vertel trots van haar trofeë vir Volkspele, Afrikaans en drie jaar se voortreflike gedrag, asook verskeie sertifikate wat sy ontvang het.

Sy het ook op die nasionale kampioenskap vir fisiek gestremdes aan swem, tafeltennis en die 100 m en 200 m-naellope deelgeneem waar sy met twee bronsmedaljes weggestap het.

Benewens die uitdagings wat haar hand en voet haar bied, stoei Magda met verskeie mediese probleme soos epilepsie en trombose. Sy is egter ’n sprekende voorbeeld van iemand met ’n vriendelike en dankbare hart. Dit is vir haar heerlik om kaartjies by haar ingerigte lessenaar te maak en dit te verkoop.

“Ek skryf graag en oorweeg dit om eendag my lewensverhaal neer te pen.”

Sy word selfs ingespan om af en toe by haar ma se werk met afrolwerk te help.

“Ek neem een dag op ’n slag,” vertel die skraal vroutjie.

“Ek probeer elke dag my bes doen en vertrou God vir die res. Dalk kan ek ’n inspirasie vir iemand wees en hulle moed gee deur my menswees.”

Sy skaterlag as sy vertel hoe sy na ’n winkelsentrum en ’n vriendin met haar “skoeter”, soos sy dit noem, gery het.

Sy het in die moeilikheid by haar pa beland omdat hy bekommerd is oor haar op die besige paaie.

“Nou mag ek net hier naby die huis rondry. Die motorbestuurders is egter baie bedagsaam en gee my altyd kans om eerste by die stopstrate te ry.”

Sonder ma Andrea en pa Mike en die hegte familiebande met haar ouer broer en suster, sou die lewe heelwat anders vir haar daar uitgesien het.

“Ek is so dankbaar vir alles wat hulle vir my doen. As ek die dag moedeloos voel, is dit juis hulle wat my moed inpraat.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.