Ontvangsdame nou hoof

2015-06-10 06:00

TOE Bernice Sutton in Maart 2005 die eerste keer in die Gariep Kunstefees se kantoor begin werk het, het sy “so ’n bietjie met die stalletjies gehelp”.

Nou, 10 jaar later, volg sy in die voetspore van haar mentor Theuns Zimmermann, die man wat haar destyds aangestel het, as uitvoerende hoof nadat Zimmermann die leisels neergelê het wat hy soveel jare gehou het.

Dit was asof dit bestem was dat sy by die fees betrokke moes raak.

Op skool het sy aan haarself twee doelwitte vir ná skool gestel.

Die een was dat sy self wou betaal om verder te leer. Die ander was om haar eie motor te koop.

Daarom is sy ná skool nie universiteit toe nie, maar het sy eers gaan werk.

“Ek het vir my ouers (Howard en Elmarie) verduidelik hoe belangrik dit vir my is om te gaan werk. Hulle was baie ondersteunend.”

Sy het onder meer in ’n videowinkel gewerk en ook tydelik by ’n motorhandelaar. Sy het haar ook vir ’n korrespondensiekursus ingeskryf vir ’n kursus in joernalistiek en skryfkuns.

Op ’n dag het sy gesit en wonder wat sy wil doen, en die gedagte het by haar opgekom dat sy graag by die fees betrokke sou wou wees.

En juis toe bel haar ma om haar te vertel dat daar ’n pos as ontvangsdame by die feeskantoor beskikbaar is.

Sy het die werk gekry, maar oorspronklik het Zimmermann gesê dit sal net vir ’n tydperk van ses maande wees.

Nou is dit al 11 jaar later.

“Die fees het onder my vel ingeklim. Mense verstaan nie waaroor dit alles gaan nie. Hulle dink dit word in ’n paar weke gereël. Ek hoop die mense besef die fees is ’n bate vir Kimberley.”

Sy sê sy het as mens baie gegroei in die tyd dat sy by die fees betrokke is.

“Jy leer jouself ken. Die mense wat hier gewerk het, word soos familie.”

Naweke kom sy weg van die fees af. Dan gaan sy na haar vriend van die afgelope sowat ses jaar, Pieter Versluis, se plaas. “Pieter is my steunpilaar.”

En sy boer saam.

“Boerdery is ’n beroep wat jou laat besef hoe na jy aan jou Skepper leef en hoe afhanklik jy is. Alles is genade. Elke koei wat kalf, is ’n wonderlike ding.”

Sy is lief vir skryf, hoewel sy sê sy dit op die oomblik afskeep. ’n Manuskrip wat sy vir ’n kompetisie van die Klein Karoo Kunstefees geskryf het, het vir haar ’n plek onder die finaliste besorg.

Tussendeur lees sy graag en is lief daarvoor “om goedjies te reël”.

In hul gesin is sy die middelkind tussen susters Chereé en Amberlé.

Oor haar nuwe pos sê sy sy was dit nie te wagte nie.

“Theuns was my mentor. Ek het alles by hom geleer.”

Sy beskryf haarself as perfeksionisties en “effens besluiteloos”.

Nadat Zimmermann haar gevra het om vir die pos aansoek te doen het sy en Versluis op ’n koppie op die plaas gaan sit en gebid.

“Pieter het gesê ek moet ten minste probeer.

“Ek het besef ek kan wegstap, of kyk wat is die Here se plan.

“Ek sit hier omdat ek van die Here gehoor het,” sê sy

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.