Saak nie volgens vereistes bewys

2015-06-10 06:02

DIE staat het sy saak in die Trifecta-korrupsieverhoor nie behoorlik volgens regsvereistes en die beskrywings van die wet bewys nie.

Só het adv. Jaap Ciliers, SC, Dinsdag in sy finale betoë in die Noord-Kaapse hooggeregshof aangevoer.

John Block, ANC-leier in die Noord-Kaap en die LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, Alvin Botes, die provinsie se ANC-adjunksekretaris en LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, en Christo Scholtz, sakeman en direkteur van Trifecta, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery, asook oortredings van die Maatskappyewet en die Wet op Openbare Rekeninge.

Yolanda Botha, wat intussen aan kanker oorlede is, is ook aangekla. Sy is daarvan verdink dat die verbeterings aan haar eiendom betalings in ruil vir winsgewende huurkontrakte was.

Haar familietrust, die Jyba-trust, het aandele in Trifecta ontvang. Sy was destyds die departements­hoof van maatskaplike ontwikkeling.

Cilliers, wat namens Scholtz en sy groep Trifecta-maatskappye en -filiale verskyn, het aangevoer die staat kon korrupsie en bedrog nie bo alle redelike twyfel bewys nie.

Volgens hom het die staat die verkeerde en gevaarlike pad gevolg.

Die wetlike beskrywing van korrupsie is dat die korrupte dade eers moet geskied voordat betaling gedoen kan word.

Volgens Cilliers vra die staat dat regter Violet Phatsoane die wet nie so letterlik moet toepas nie, omdat die beweerde betalings eers ná die beweerde dade gedoen is.

Die staat het in sy betoë net op sy getuies se getuienis gefokus. Daar is geensins na die kruisondervraging of toegewings in kruisondervraging verwys nie.

Die staat se saak steun net op ’n paar getuies en die verslag van Trevor White, ’n forensiese ouditeur van PricewaterhouseCoopers.

Volgens Cilliers maak White net op verklarings van getuies staat wat lank ná die beweerde dade afgeneem is. Hy het nie die geleentheid gehad om hulle te ondervra nie.

Dit is wel onder kruisondervraging gedoen toe verskeie toegewings gemaak is. Die staat het selfs ná al die toegewings sommige van die bedrogaanklagte laat vaar.

Die staat mislei die hof deur verkeerde feite voor te hou. Een van die Trifecta-maatskappye het nie eens bestaan toe ’n gewraakte oproep gemaak is om ’n beweerde korrupte ooreenkoms te beklink nie.

Een van die staatsgetuies, Ebrahim Crouch, het getuig hy het niks onbehoorlik gedoen nie. Cilliers meen die staat se saak het daarmee platgeval.

Die staat se probleem is die aanvanklike klaer is nie as getuie geroep nie. Sy het glo leuens vertel. Die staat moes daarom op tweedehandse inligting en afleidings staat maak om sy saak te bewys. Daar is geen direkte en oortuigende bewyse van korrupsie en bedrog nie.

Die verhoor duur voort.

Advv. Peter Serunye en Brian Mdlalose kla aan. Advv. Tokkie van Zyl en Jaap Cilliers verskyn namens Scholtz en sy maatskappye, en advv. Cornwell Tsha­vhungwa en Salie Joubert, SC, verskyn vir Block en Botes en hul maatskappye

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.